Marciel oor Kurwes en Body Positivity

Die pragtige Marciel Hopkins maak dié maand haar verskyning in die mode seksie van BLOSS. Marciel, wat as model, life coach en publieke spreker werk, word in die mode kringe beskryf as plus-sized… Wat Wou! As jy ‘n werklike (en inspirerende) uitkyk op die vroulike figuur en kurwes wil sien en styl advies vir die curvy girl wil hê, gaan loer op Marciel se Instagram profile – ons love die feit dat geen topic te veel is vir die borrelende Kapenaar nie. Ons het agter die skerms met Marciel gesels oor die bodypositive movement wat nou oor lippe loop. Kyk uit vir die volledige foto sessie in die Mei uitgawe.

 

  1. Die #bodypositive movement is besig om die wêreld oor te vat. Jy self reis die land plat om die boodskap oor te dra en vroue te leer om hulself lief te hê soos dit is. Hoe dink jy sal die beweging die mode industrie beїnvloed?

Body positivity is ‘n beweging wat mans en vroue aanmoedig om hul liggame te aanvaar net soos wat dit is. Ons almal se liggame is anders en die beweging herinner ons daaraan dat ons onself nooit met iemand anders kan vergelyk nie. Die beweging moedig dus ook die mode industrie aan om van meer liggaamsdiversiteit gebruik te maak. Die effek van meer diversiteit sal vroue positief beïnvloed in die sin dat daar meer liggaamstipes is waarna hulle kan opkyk en dit sal hul selfbeeld ‘n hupstoot gee om vroue van hul eie grote in die mode industrie te sien.

  1.  Hoekom is dit belangrik om die beweging na vore te bring?

Daar is sóveel platforms wat subtiel aan vroue kommunikeer dat hulle nie goed genoeg is nie: tydskrifte, brandmaer modelle, skoonheidskompetisies, TV ens. Body positivity is dus super belangrik om aan vroue die waarheid te kommunikeer en dit is dat hulle goed genoeg is net soos wat hulle is! Daar is niks wat hulle hoef te verander om iemand anders se aanvaarding te kry nie, alhoewel die media konstant onrealistiese skoonheidsideale aan ons komminikeer. Daar is geen verkeerde manier om ‘n vrou te wees of om ‘n liggaam te hê nie, alle liggame is mooi op hulle eie unieke manier!

  1. Is daar ‘n brand wat vir jou uitstaan as ‘n body positive brand? Waar het jy daarvan te hore gekom?

Die Kaal Konyn is ‘n T-hemp ontwerp deur ‘n eg Suid-Afrikaanse grafiese ontwerper, Tana Ferreira. Haar ontwerpe is gefokus daarop om body positivity te bevorder deur verskillende vroulike figure langs mekaar op ‘n kunstige manier uit te beeld. Ek is trots daarop om gereeld my T-hemp te dra en belangrike gesprekke daarmee aan die gang te sit.

  1. Jy is bekend vir jou lingerie shoots – en ons het jou die maand in verskeie mooi stukkies gefeature. Wat is jou boodskap aan vroue wat dalk nie ‘braaf’ genoeg voel om mooi onderklere te koop oor hulle nie soos die modelle op die voorblad van die tydskrif lyk nie.

Daar gaan altyd iemand mooier, maerder en meer gewild as jy wees, daaraan kan ons ongelukkig niks verander nie… Maar niemand kan in jou pad staan om die mooiste en sexyste weergawe van jouself te wees nie (behalwe jy self!). So koop die lacy onderklere, jy het niemand se toestemming nodig om goed en mooi in jou eie vel te voel nie.

  1. As daar een perfekte item is wat jy voel vir enige vrou en vir enige figuur kan werk – iets wat ‘n vrou in haar klerekas MOET hê – wat is dit?

Vir winter wat oppad is, ‘n mooi statement jas in ‘n ander kleur as swart! 😉

Tot Volgende Keer,

xxx

Amor

 

Fotograaf: Amorie Pearson, Amorie Arts

Stilis & Produksie: Amor van de Giessen

Assistant: Jana Louw

Hare en Grimering: Debbie Ellis Makeup Artistry & Hair

Model: Marciel Hopkins

 

Moderne fur jas @ Rene Marianne, R12,999.00

Grys romp @ Rene Marianne, R2,599.00

Pienk bra @ The French Shop, R2,950.00, bypassende bikini R2150.00

Silwer hangertjie @ H&M, R129.00

Halfmaan hangertjie @ H&M, R79.99

Wit bloes met flair moue @ Rene Marianne, R1799.00

Gestreepte Hemp @ Rene Marianne, R1899.00

Kant bodysuit @ Material Girl, R380.00

Ronde Oorbelle @ Mooi Nooi, R

Knie-hoogte stewels @ Charles & Keith, R494.00

Gingham rok met frilletjies @ Material Girl, R300.00

Gingham slub toppie @ Material Girl, R200.00

Ivoor bra met kant detail @ The French Shop, R1520.00 bypassende broekie R480

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

EDITOR: FASHION

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus and Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.