Zetske Cover Shoot – Agter die skerms

Ons deel graag met jou wat agter die skerms gebeur het met Zetske se Cover Shoot.  Ons het so lekker dag gehad saam met die Super- vrou, model, aktrise en nou ook mamma.

Die dag het begin waar ons by Galagos Coutry Estate bymekaar gekom het en waar Follicle Hair Atelier weggespring het met haar hare en Makeup onder lyding en goeie oog van ons Editor, Magdie Raats.  Die Jukwaa Media span was ook daar om lekker videos en media te neem so deur die dag.

Die idee agter die cover shoot was om Zetske af te neem soos jy haar nog nie gesien het nie.  Zetske het haar hare spesiaal vir die shoot gesny en ons het besluit om die hare bietjie van ‘n krul en teaze effek te gee.  Ons wil mammas inspireer en wys dat jy nogsteeds mooi mag voel en dat jy nou as mamma sterker as ooit is…

“Dit is nie nodig om soos ’n bus te voel as jy swanger is nie, jy het die reg
om mooi te voel en jou magie af te wys.” – Zetske van Pletzen

 

So het die idee homself omskep tot ‘n prentjie waar ons lappe om Zetske wou maak waai om die illusie van ‘n blom te skep.  Na ‘n paar ure van lekker lag en kreatief wees, het ons die laaste foto’s gaan neem in Galagos se mans kleedkamers, ook die enigste plek met ‘n rooi muur.  Die dag was vet pret en dit was ‘n vreugde om met Zetske en die span te werk.  ‘n Spesiale dank gaan uit vir House of Superior Clothing vir die pragtige rokke asook aan Jenna Clifford vir die Juwele wat net perfek was!

Hier volg agter die skerm foto’s:

This slideshow requires JavaScript.

Krediet:

Cover Model: Zetske van Pletzen

Fotografie & Redigering: Francois Olivier

Produksie: Magdie Raats

Hare & Grimering: Follicle Hair Atelier

Gekleë deur: House of Superior Clothing

Juwele: Jenna Clifford

Video & Media: Jukwaa Media

Venue: Galagos Country Estate

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.