You can be anything!

Het jy geweet: “YOU CAN BE ANYTHING!” ’n Tomboy, supermodel, boeremeisie, dokter, argitek… ENIGE IETS wat jy wil.

As iemand wat haar merk gemaak het in die skoonheids industrie word ek gereeld in ‘n stereotiepe gedruk. Ek is ‘n poppie, net nog ‘n mooi gesiggie en dit is alles behalwe waar. Ek kan enige iets wees en het gekies om ‘n mamma en ‘n sterk besigheidsvrou te wees. My passie was nog altyd die empowerment en upliftment van vrouens. En so sê ek weer, jy kan enige iets wees en moet nie vir ‘n oomblik luister na wat die wêreld van jou verwag om te wees nie.

Ongeag of jy die tipe vrou is wat in die aand by die huis kom en haar hakke afskop, extensions uit haal en grimering af was en of eerder jou tekkies los maak en ‘n ongelooflike stywe bloomer en nip n tuck bra uit trek. Ons bly almal steeds vrou en dit is die mooiste ding wat jy ooit sal kan wees. Dit is juis ons imperfeksies en anders wees wat ons SO uniek maak.

As die Tomboy editor van BLOSS, ja jy het reg gelees die Tomboy editor wil ek graag met elke vrou daar buite praat. Ek lyk dalk nie elke dag soos ’n rowwe rabbedoe nie maar ek kom steeds van die Vrystaat en ek het die hart van ’n boeremeisie. Ek glo dat mens die perfekte balans kan kry tussen mooi wees en steeds sterk vrou wees.

Die een ding wat niemand beter as jy kan nie is om JY te wees. Sit jou beste glimlag op en maak vrede met jouself binne en buite. Die res is maklik. Let’s do this WOMAN. Ek is reeds trots op julle!!!

“Inner glow is the purity of the soul, the true feeling that comes to you, about yourself, when you’re feeling alone.”

Photo by Joshua K Jackson on Unsplash

Adelle Snyman
Adelle Snyman

Editor: Tomboy

Adelle Snyman has a passion for beauty and a love for makeup and specializes in celebrity, bridal, beauty competitions and special effects make up. She has a qualification in Somatology has gained international experience in her field in the USA and England. In her career Adelle has also been involved in Miss World pageant twice.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.