Word fiks in 2018 met – VIA en Adventure Boot Camp

 

 

Volgens pers verklaring :

“Die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147) en die fiksheidsprogram Adventure Boot Camp span saam om vroue regoor Suid-Afrika ‘n unieke, weeklikse en bekostigbare oefenkans te gee. Die #Fiks2018-program skop begin Maart af en sal Saterdagoggende plaasvind.

Die inspirerende oefensessies sal tussen 07:00 en 08:00 by 14 venues landwyd plaasvind. Vir net R30 per sessie of R800 vir ’n hele jaar se toegang kan jy saam met ander vroue die weg na ’n fikser jy baan. Plus: As jy ’n jaarpakket koop, kry jy ook ’n geskenkpak ter waarde van R800 met geskenke en bewyse van onder meer Sportmans Warehouse en Move Pretty.

 

‘’As ‘n leefstylkanaal is VIA die regte platform om ook iets opwindends anderkant die TV-skerm vir ons kykers te bied,” sê die kanaalhoof, Izelle Venter. “Nou kan vroue wat lus het vir gesonder leef saam met ander vroue in die buitelug bymekaarkom en saam ‘n bietjie lekker en swaar kry. Dit gaan nie oor hoe jy lyk nie, maar oor hoe jy voel. Jonk en oud, groot en klein, fiks en onfiks is welkom. Ons is veral opgewonde om saam met Adventure Boot Camp en hul ervare instrukteurs te werk.’’

Die #Fiks2018-oefensessies sal elke Saterdagoggend vanaf 07:00 tot 08:00 by die volgende venues plaasvind:

  • Pretoria Botaniese Tuin in Brummeria
  • Garsfontein-Hoërskool in Garsfontein
  • Bakenkop-Laerskool in Wierda Park
  • Pietersburg-Hoërskool in Polokwane
  • Curro-Privaatskool in Nelspruit
  • Rietvlei-dieretuinplaas in Alberton
  • Kempton Park Hoërskool in Kempton Park
  • St. Peter’s College in Sunninghill
  • Muldersdrift-Laerskool in Ruimsig
  • Hans Moore-Hoërskool in Benoni
  • Sandton-sportklub in Sandton
  • Seepunt-promenade in Kaapstad
  • Ntida-wynplaas in Durbanville
  • Groot Constantia-wynplaas in Constantia

Daar sal net 60 plekke per sessie beskikbaar wees, besprekings is dus baie belangrik.

#Fiks2018 word in samewerking met die tydskrifte Huisgenoot, YOU, Drum, SARIE en Women’s Health aangebied.

Kaartjies vir die #Fiks2018-oefensessies is beskikbaar by jou naaste Sportsmans Warehouse-tak of by Quicket.co.za.

Vir nog inligting oor #Fiks2018, kontak Lea Gerber by 071 386 9015.”

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

5 Comments
  1. hALLO EK HET JULLE GESIEN OP KYKNET EN STEL BELANG OM TE SIEN HOE DIT SAL GAAN EK BLY IN ALBERTON. KAN JY MY ASSEBLIEF SE WAAR IN ALBERTON IS JULLE KLASSE?

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.