Winter parfuum om die koue weer af te keer.

Verskillende seisoene beteken verskillende geure. Daarom laat winter jou dadelik dink aan muskusagtige hout en Oosterse geure. Winter gaan oor “sexy” en hitte! Seisoen, winter en nuwe parfuum om die koue weer af Geen vrou is ten volle gekleed sonder haar parfuum nie. So watter parfuum pas by watter seisoen?

 

Iets soos ‘n sitrus-geur is perfek vir die somer, en selfs die lente, omdat dié parfuums vars en sprankelend is. Om die geure in winter te gebruik is nie verkeerd nie maar dis nie ideaal nie. Warm, sensuele parfuums soos Oosterse geure is meer geskik vir die koue maande.

Agarhout, ook bekend as oud of oodh, is ‘n baie duur parfuumbestanddeel afkomstig van ‘n sekere boom inheems aan Suidoos- Asië. Hierdie skaars bestanddeel, met sy diep, sensuele geur, vorm wanneer ‘n spesifieke fungus dié bome besmet en die bome in reaksie ‘n donker, aromatiese gom afskei. Tom Ford Oud Wood (R R3,795.00  100ml EDP), ‘n geur vir hom en haar , is so ‘n oud-parfuum. Beskikbaar by Edgars Landswyd.

 

                                                                                       Ambergris (uitgespreek as amber-gee) het ‘n soet muskus geur en word net beter hoe langer dit verouder. Deesdae word net die sintetiesvervaardigde ambergris in parfuum gebruik. Armani Privè Oud Royal (R 4,930.49 100ml EDP beskikbaar aanlyn op www.fragrancefanatic.co.za) bevat oud én ambergris.

Aldehide is organise chemiese molekules met ‘n vars, seperige geur. Chanel No. 5 (vanaf R 1600.00 50-100ml EDP) is ‘n bekende aldehyde-geur. Beskikbaar by Woolworths landswyd.

 

 

Oor die jare bly Oosterse blomgeure en vrugtige blomgeure essensieël vir vroueparfuums. Hierdie tendense het ‘n effense kinkel. Dit word gekombineer met gourmand-elemente [gourmand verwys na eetbare bestanddele] soos amber, vanielje en kaneel. Daar is ‘n groot verskeidenheid van parfuum wat die soet geure ook kombineer soos lemoen, karamel, suurlemoen, heuning en vrugte.

Nou ja toe, nou weet jy ook wat “Oud en Aldhide” beteken en miskien as jy nou weer volgende keer in Edgars se Red Square instap gaan jy meer ingelig wees oor die muskagtige-geure en die ondertone wat daardie parfuum in hou. Othou om ‘n parfuum te kies gegrond op jou unieke voorkeur, iets waarmee jy kan identifiseer. Dit moet met jou praat!

Debbie Ryan Ellis
Debbie Ryan Ellis

Editor: Beauty

Debbie Ryan is an amazing makeup artist who specializes in bridal make-up and hair styling. She is also the owner of Debbie Ellis Makeup Artisry and Hair. Debbie finds inspiration in the words of Helen Keller: “What I’m looking for is not out there, it’s in me”. Her motto as mother and entrepreneur is that beauty comes from within, so she tries to empower women by making them look and feeling beautiful.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.