WEN met Stock Market College

Sukses is ‘n denkwyse!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Geskryf deur Amore Van Staden, Eienaar van AAH Verskaffer van SMC

Ons praat dikwels oor begrotings en beter finansiële beplanning, maar tensy jy daadwerklike stappe neem, is dít waar dit sal bly, by blote praatjies. Besluit jy gaan jou finansiële situasie verbeter – moenie wag totdat oortrokke fasiliteite, onbetaalde rekeninge of ‘n skuldskande jou inhaal nie.

Ek moes vroeg, vroeg my prioriteite agtermekaar kry en die aandelebeurs was uiteindelik die antwoord. Ek is die plaas meisie van Mpumalanga wat so gou as moontlik na skool die stad se liggies wou sien. My oom Hardus van Pletsen, eienaar van Stock Market College is definitief een van my rol modelle wat my in die regte rigting gestuur het en nou is dit my beurt om dit vir ander te doen. Hy verhandel al vir die afgelope dertig jaar aandele op die aandelebeurs en werk al jare baie hard om mense op te voed met die kursus wat hy ontwerp en tot die publiek beskikbaar gemaak het.

Na skool wou ek glad nie betrokke raak by die aandelebeurs nie en wou my vlerke soos enige 18 jarige wyd sprei. Ek het vir amper ses jaar lank vir ‘n korporatiewe maatskappy gewerk; die gewone “nine to five”. Ek het die leertjie geklim soos ons almal weet ons moet. Ek was moeg om laat aande op kantoor te sit en elke jaar net my jaarlikse verhoging te aanvaar. Nou amper sewe jaar later is ek die trotse eienaar van die AAH Verskaffer diens van Stock Market College. Ek moes ‘n ernstige besluit neem om my lewe te verander maar ook die toekoms van my gesin wat ek beplan om oor ‘n paar jaar te begin.

Ek glo ten volle dat sukses ‘n denkwyse is en ek moes myne vinnig verander, ek moes kyk na al die opsies in die wêreld tot my beskikking en myself nie vas staar aan wat mense om my vir my sê ek moet wees nie. Ek het net geglo dat ek suksesvol sal wees en stadig maar seker het alles in plek geval. Ek het my oom uiteindelik gevra vir die kennis wat ek jare gelede so eenkant geskuif het. Ek is nou passievol om ander ook die geheim van nie net sy sukses te deel nie maar my eie.

Ons aanvaar so maklik wat ander sê en val slagoffer aan die dinge van die samelewing. Ek verstaan nou nog nie hoekom elke Suid-Afrikaner nie betrokke is by die aandeelbeurs nie. Hoekom kan mammas by die huis nie ook hulle eie inkomste verdien sonder om elke oggend vroeg op te spring om werk toe te gaan nie. Hoekom kan pappas nie meer tyd by die huis spandeer nie? Die aandelebeurs het dit vir my al op die ouderdom van 25 gegee. Die vryheid om elke dag my eie dag te beplan. Nou sal ek nooit die bekommernis oor my toekomstige gesin dra nie ook nie bekommerd wees oor dagsorg of ‘n skedule nie.

Die kursus kan gedoen word vanuit die gemak van jou sitkamer aangesien die volledige kursus aanlyn aangebied word. Klasse kan ook bygewoon word by ons kampus in Johannesburg. Na inskrywing is die kursus vir die daaropvolgende 36 maande beskikbaar om soveel kennis te verkry as wat jy benodig om aandele op die aandelemark suksesvol te verhandel en om wins konsekwent te maak. Die kursus sluit jou handelsrekening, lesings, ondersteuningspersoneel, kursus materiaal, daaglikse handels idee en handelsplatform in.

Die maklikste besluit in die lewe is net om die besluit en die stap te neem om te doen wat jou hart vir jou se. Moet jouself nooit onderskat nie en sê JA vir finansiële vryheid, moet nooit NEE vat vir ‘n antwoord nie!

Onthou om in te skryf vir die kompetisies en jy is dalk die gelukkige wenner van ’n kursus van Stock Market College te waarde van R32000. Daar is net een gelukkige wenner maar almal anders kan die koop kode AJB01 gebruik om 10% afslag op hul kursus te ontvang.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.