5 Dinge vir elke vrou se bucket list

Om ’n ongelooflike lewe te hê beteken om alles voluit te doen – daarom moet jy vandag jou bucket list begin. ’n Bucket list kan bydra tot persoonlike groei en ’n vervullende lewe waarmee jy tevrede kan wees. 

Hier is ’n lys van 5 dinge wat elke vrou op haar bucket list moet hê om haar vroulikheid te own:

  1. Elke vrou moet ten minste eenmaal in haar lewe ‘n bikini wax probeer. Of jy dit vir jouself of jou partner doen of as jy net stunning in daardie nuwe bikini wil lyk. 
  2. Om op jou eie te reis klink dalk vreesaanjaend, maar dit is die beste manier om jouself te leerken en verantwoordelikheid te leer. Bewaarheid jou drome en gaan toer alleen deur Europa of gaan doen yoga in Bali.
  3. ‘n Girls only roadtrip is ‘n moet op elke vrou se bucket list. Pak jou gustelling wyn in ‘n piekniekmandjie en sit solank al jou gunsteling musiek op jou roadtrip speellysie en vat die langpad saam met jou beste vriendinne aan.
  4. Hier is een vir die single ladiesneem ’n troeteldier aan. Dis een ding om vir jouself te sorg, maar dis ‘n groot verantwoordelikheid om vir ‘n dier te sorg. Dit berei jou ook voor vir die dag wat jy vir jou partner of jou familie moet sorg.
  5. Raak betrokke by ‘n liefdadigheidsprojek en deel jou mooi hart met dié wat ‘n bietjie omgee nodig het. Daar is verskillende maniere om betrokke te raak by liefdadigheid. Jy kan byvoorbeeld help om kos uit te deel, berading te gee of jy kan net vir een dag ‘n vriendin vir iemand wees. Die glimlag op hul gesig sal jou verlief maak op liefdadigheid. Besoek http://blossmag.co.za/bloss-charity om uit te vind watter liefdadigheidsprojekte BLOSS ondersteun.

Koop die November uitgawe van BLOSS om meer te lees oor die belangrikheid van ‘n bucket list.

Foto: Pixabay

Jaco-Mari Futcher
Jaco-Mari Futcher

Business assistant

Jaco-Mari Futcher is currently completing her Honors degree in Journalism at the North-West University Potchefstroom Campus. She has been active in the media industry for the last three years and has been the writer of her blog, Papierkind, for the past five years. When she gets a chance, she likes to pull her camera closer and capture the world as she experiences it.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.