Wat is jou Tegnologiese Persoonlikheidstipe?

As jy al aansoek gedoen het vir werk of net voel dis belangrik om jouself beter te leer ken, is die kans goed dat jy ’n persoonlikeheids toets gedoen het.

Met  tegnologie wat so ’n groot rol speel in ons lewens is dit ook ’n goeie idee om uit te vind wat jou Tegnologiese persoonliheidstipe is.

Volgens navorsing gedoen deur Broad Corp en ’n  artikel in Business News Daily, is daar 7 hoof Tegnologiese persoonliheids tipes waarin mense val. Dit word bepaal deur die hoeveelheid gebruik en jou gedrag as jy dit gebruik.

Die persoonlikhede is as volg:

  1. Reg vir Aksie Anna

Jy het altyd die nuutste tegnologie en skep ook self nuwe content. Jy is die mees connected van al die persoonlikheids tipes. Jy follow meer as 200 mense Intagram en jy monitor elke dag jou tree met jou nuwe Apple Watch 3. Jy het ‘n universal remote in jou huis wat ook jou ligte reguleer. Jy IS tegnologie se Baas.

  1. Lewendige Lettie

Jy is hoogs connected en gesels graag met familie en vriende op sosiale media. Jy het ’n smartphone en defnitief Netflix. Jy is nie so connected soos Anna nie, maar tegnologie is vir jou belangrik.

  1. Sannie Sosiale Flinder

Jy LOVE sosiale media en gebruik dit kort-kort om te connect met familie en vriende. Jy het selfs ’n gunsteling emoji en comment op almal se posts. As ‘n boodskap sê “stuur aan vir almal” dan stuur jy dit aan vir ALMAL

  1. Soort-van daar Danielle

Jy create nuwe inligting maar comment nie graag op ander mense se goed nie. As jy die like of love button op Facebook gebruik moet mense weet jy bedoel dit regtig. Jy gebruik nie hashtags nie.

  1. Voel-voel Fransie

Jy besit of ’n laptop of ’n selfoon, maar nie albei nie. Jy stuur basically net emails en bel mense. Jy verkies dit om in lewende lywe met mense te gesels eerder as oor die foon. Jou landlyn telefoonnommer is nog aktief vir ingeval jy sukkel met jou foon.

  1. Bystaander Belina

Jy gee nie regtig om oor tegnologie nie. Ja, jy het ’n foon en dalk ’n laptop maar jou enigste Facetime is om ’n braaivleis vuur. Jy gebruik tegnologie net om die lewe gemaklik te maak. Jy praat van die “Internet-ding”.

  1. Never-mind Nina

Hierdie mense besit nie selfone, laptops of ander tegnologie nie. As hulle dalk ‘n selfoon het, dan kan jy nog  Snake daarop speel. Tegnologie is net nie vir hulle belangrik nie. Hulle maak gereeld bome dood deur jou te dwing om alles vir hulle te print.

So, watter tipe is jy?

Of herken jy dalk jou familie en vriende?

 

Photo by Lidya Nada on Unsplash
Carla Roets
Carla Roets

EDITOR: TECHNO

Carla Roets is currently busy with her final year of articles. Not only is she almost a chartered accountant, but she also likes to write and be creative. This gadget- girl is a go-getter with a passion for life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.