Vyf feite oor ons gesondheidsredakteur

1. Nee, ek kan nie gedagtes lees nie!

Mense se eerste reaksie as hul hoor ek is ʼn sielkundige is altyd “so jy kan my gedagtes lees” of “jy kan reg deur my sien”. Die gesprek raak dan gewoonlik baie vinnig baie awkward. Ek kan nie mense se gedagtes lees nie en ek kan ook nie net weet hoe jy voel nie. Ek het nie super powers nie. Ek is wel baie oplettend van mense se interaksies en emosies. Iets wat nie net sielkundiges kan doen nie.

2. My gunsteling sê ding is “die lewe is nie wit of swart nie, ons lewe in die grys”.

Ons as mense wil dinge graag óf wit óf swart hê. Iets is óf reg óf verkeerd. Óf ek hou van jou of ek doen nie. Maar die lewe is nie so maklik nie en meeste van die tyd is dinge grys. Ons almal het goed en sleg in ons en kan terselfdertyd van iets of iemand hou en ook nie. Dit los ons gewoonlik ongemaklik, maar dit is ok.

3. Nee, ek is nie ʼn super fiks beach babe nie.

Die feit dat ek die gesondheidsredakteur is beteken nie ek is super gesond en fiks nie. Die waarheid is ek is nie! Ek sukkel my dood om aan die oefen te kom. Ek probeer ook elke Maandag met ʼn gesonder eetplan begin. Ek is ook nie altyd tevrede met myself nie. Ek probeer ook myself aanvaar en gemaklik raak met wie ek is. Ek wil saam met jou die paadjie stap om die beste weergawe van jouself te word. Om fisies gesond te wees en goed te voel in jou lyf. Om meer goeie dae as slegtes te beleef. Om jouself beter te verstaan en jou foute te kan aanvaar. Om goeie verhoudings met ander te kan hê. Dít is wat gesondheid vir my beteken.

4. Ek hou van kreatief wees.

Dit is vir ons almal belangrik om na onsself te kyk en te ontspan. My beste uitlaatklep is kreatiwiteit. Ek hou van mooi goed in die lewe en ek hou daarvan om dit te kan maak. My mees onlangse stokperdjie is hekel. En nee dit maak my nie ʼn ouma nie!

5. Mense is my passie.

Ek weet dit klink baie cliché. Mense is my passie. Elke sielkundige moet dit seker sê, maar mense inspireer my. Ek leer daagliks nuwe dinge van myself by ander. Ander mense gee my daai doel en betekenis in my lewe. Ek het daagliks die voorreg dat totale vreemdelinge hul stories met my deel en my toelaat om ʼn paadjie saam met hulle te stap. Dit is magical.

Photo by Jamie Street on Unsplash.

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.