Vroue en besigheid is een

Elkeen van ons sien sukses anders. Van ons sien dit as wanneer ons ‘n graad of twee het, ‘n ‘fancy’ kar en huis of ‘n stewige bankbalans. Ander van ons sien sukses as wanneer ons ‘n doelwit bereik het in ons lewe.

Ek is Chantal Viljoen die suksesredakteur van BLOSS Magazine. Dis so groot eer om deel te wees van so ‘n stunning span en tydskrif. ‘n Groot geheimpie wat ek nog altyd vir myself hou is vandat ek op skool was wou ek nog altyd vir ‘n tydskrif kon skryf. My droom het die jaar waar geword.

Ek het my eerste graad BA Sielkunde en Sosiologie gewerf in 2015 aan die NoordWes Universiteit. Tans is ek besig met my honneurs in sielkunde by die Universiteit van Suid-Afrika en beoog ek om aansoek te doen vir my meesters in Neurologiese Sielkunde. Behalwe vir my studies doen ek bemarking vir FitGen Nutritions en werk my praktiese ure in vir my honneurs. In my vrye tyd spandeer ek graag tyd saam familie en vriende om te ontspan.

Modelwerk is een van my passies en op die oomblik leef ek dit uit deur die tydskrif, omdat my studies en werk baie van my tyd vat en ek nie meer aan skoonheidskompetisies deelneem nie. Ek het begin modelwerk doen toe ek 16 jaar oud was. Ek het al aan vele skoonheidskompetities deelgeneem soos Miss Commonwealth SA en Miss Earth SA. Dit was die twee grootste skoonheidskompetisies waaraan ek deelgeneem het, dan was daar ook ander kleintjies soos Mej Gauteng ens. ‘n Talent wat min van weet, is dat ek klavier speel vandat ek 6 jaar oud is. Dit is ook ‘n manier hoe ek ontspan, wanneer ek musiek skryf en speel.

Ek gaan elke maand ‘n sukses blog skryf om jou te motiveer en jou te help om presies jou doelwitte en sukses te behaal waaroor jy droom. BLOSS Tydskrif droom en glo saam met jou. Ek as suksesredakteur wil hê elke leser moet presies weet hoe om hulle eie sukses te behaal sonder moeite. Jy mag droom en doelwitte hê. In my blogs elke maand gaan daar ook ‘fun’ wees waar ek jou gaan vertel hoe jy jouself te kan geniet sonder om finansieel bekommerd te wees. Ek sien uit na die journey saam elkeen van julle.

Photo by Brooke Cagle on Unsplash.

Chantal Viljoen
Chantal Viljoen

Editor: Real life

Chantal Viljoen obtained her honors degree in Psychology at the University of South Africa after gaining her degree in BA Psychology & Sociology at the North West University's Potchefstroom Campus. She is intelligent with her beauty matching equally. Chantal has perused an active modelling career since the age of fifteen and placed in the Miss Earth SA Top Sixteen in 2015 and was among the Miss Commonwealth SA Top Five in 2014.

2 Comments
  1. Hai

    Hoop dit gaan goed.

    Sal graag opbhoogte gehou wil word van enige nuwe blogs wat jy skryf. Help met die motivering vir werk en studies:)

  2. Hai

    Hoop dit gaan goed.

    Sal graag op hoogte gehou wil word van enige nuwe blogs wat jy skryf. Help met die motivering vir werk en studies:)

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.