Vroue in ICT vereer

Die Women in ICT Awards vereer vrouens wat ‘n merkwaardige rol in die ICT sektor speel en die eerste rondte beoordeling het vandeesweek plaasgevind.
Die afgelope week was ‘n lekker besige ene soos altyd, maar die hoogtepunt was die geleentheid om een van die beoordelaars by vanjaar se Women in ICT – Partnership for Change Awards te wees.

Hierdie toekennings erken en vier vrouens wat ‘n merkwaardige bydrae in die groei van die inligting- en kommunikasie tegnologie sektor maak, en word moontlik gemaak deur ‘n vennootskap tussen MTN, Kagiso Media en ITWeb se Brainstorm.

 

Die eerste rondtes beoordeling het Donderdag en Vrydag plaasgevind en die wenners word tydens ‘n gala funksie op 31 Augustus aangekondig. Daar is elf verskillede kategorieë waarvolgens genomineerdes beoordeel word:

 

1. Leadership Recognition Award

Erken senior vroulike bestuurders in die ICT sektor wat ‘n kenmerkende positiewe impak gehad het op die organisasies wat hulle bestuur.

2. Innovator Recognition Award

Erken vrouens wat nuwe en innoverende metodes, idees of produkte bygedra het tot die nuwe digitale wêreld van vandag.

3. SME Recognition Award

Erken eienaars en ondernemings wat deur vrouens bestuur word, wat ‘n bydrae tot die ICT sektor lewer. Dit sluit in vrouens binne die organisasie / onderneming wat deeltyds hul eie besigheid bestuur deur middel van ICT.

4. Graduate Award (High Schools)

Erken die top ICT student op Hoërskool vlak.

5. Graduate Award (Tertiary)

Erken die top ICT-gegradueerde van enige Tersiêre instelling .

6. Community Builder Recognition Award

Erken vroue wat ‘n merkwaardige verskil in hulle gemeenskap deur middel van ICT maak.

7. Lifetime Achiever Recognition Award

Erken vrouens wat sukses behaal het in die ICT industrie, ‘n merkwaardige entrepreneuriese gees toon, en herhaaldelik een stap voor die curve was.

8. Excellence in ICT Journalism Award

Hierdie kategorie erken ‘n joernalis wat deur middel van haar werk ‘n beter begrip vir die ICT bedryf verseker.

9. CEO’s Award

Erken ‘n werknemer van MTN wat deur middel van die gebruik van ICT en tegnologie ‘n impak en bydrae tot die organisasie gelewer het.

10. Ministerial Recognition Award

Hierdie gee geleentheid aan die Minsiter om ‘n individu te nomineer wie se brydrae gehelp het om sekere uitdagings in die ICT sektor te oorbrug, en die toegang tot telekommunikasiedienste te fasiliteer.

11. Public Choice Award

‘n Nuwe kategorie wat die publiek die geleentheid gee om vrouens wat ‘n merkwaardige rol in die ICT sektor speel te nomineer deur middel van ‘n SMS platform.

Die ondervinding as beoordelaar tot dusver was merkwaardig en dit is vir my ‘n eer om tussen invloedryke name soos Mark Harris (HUB van Kagiso Media), Pheladi Gwangwa (Media deskundige en voormalige stasie bestuurder van Radio 702), Seapei Mafoyane (HUB van Black Umbrellas) – om net ‘n paar te noem – op die paneel te dien.

Ek sien uit na die gala funksie op 31 Augustus en om die wenners met julle te deel. Julle kan my op sosiale media volg en op hoogte bly hiervan, asook ander nuus en projekte oor die industrie, en dit waarmee ek alles besig is:
Facebook: https://www.facebook.com/jaco.gerrits
Twitter: https://twitter.com/jacogerrits
Insgratgram: https://www.instagram.com/jacogerrits/

Jaco Gerrits
Jaco Gerrits

Editor: Technology

Jaco Gerrits, one of South Africa's most innovative technology entrepreneurs, is a former Top Technology Entrepreneur Africa Award winner. He has further also been the winner of "The Venture" South Africa, where he represented the country in New York during a worldwide search for the best social entrepreneurs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.