Vind jouself kreatief

“’n Spasie is die natuurlike projeksie van die siel” Coco Chanel.

20:15 namiddag. Die kinders slaap, die huis is stil. Met my “furr” kombers op my skoot, kunsportrette van diep kleur teen die muur en ‘n warm lig wat brand. Dit skep ‘n stimulerende atmosfeer en ek vind myself kreatief.

Vandat ek kan onthou, was my emosies beinvloed deur hoe mooi ‘n spasie om my was. Heel oplettend na fyn detail en die gevoel wat dit my gee.

As jy my op die ouderdom van 14 sou vra wat my ideale beroep sou wees, het ek met sekerheid ontwerp en argitektuur as sulks beantwoord. Ek glo vas dat as jy elke dag doen waarvoor jy lief is, jy nooit regtig ‘n swaar dag in jou werksplek sal beleef nie. Dat as daar passie is, selfs die uitdagings meer stimulerend as uitputtend sal wees.

Daarom sien ek vreeslik uit om maandeliks my groot liefde met julle te deel en natuurlik al die dingetjies wat ontwerp en dekor so interessant kan maak. Inspirasie is iets wat maklik my kant toe kom, dit is eintlik eenvoudig…as iets jou sensories goed laat voel, dan is dit heel moontlik die “stepping stone” van enige unike, estetiese opknap.

Gebruik jou persoonlike identiteit, ontwikkel JOU spasie, waar JY kan goed voel en leef. Kyk na tekstuur, materiale en kleur waarmee jy jouself kan identifiseer. Geniet die prag om jou.

Die wêreld is tog net so mooi soos wat ons daarna kyk, en daarom het ons ‘n bietjie ontwerp om ons nodig.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.