Verstaan die hart van ’n avontuur meisie

Die avontuur meisie gebruik elke geleentheid om haar lewe ten volle uit te leef.

Sy is ’n optimis

Sy is daardie meisie wat dans in die reën. Wanneer sy verslaap het, laat vir werk is en haar koffie nog boonop ook op haar skoot uitgegooi het, laat sy glad nie toe dat dit haar onder kry nie. Sy sal vir haarself lag want sy verstaan ​​dat daar altyd dinge kan gebeur wat buite haar beheer is.

Sy hou daarvan om nuwe dinge te probeer

Sy is die soort meisie wat hou van reis en om die lewe uit verskillende perspektiewe te beleef. Sy sal probeer visvang of enigiets aandurf waarin sy haarself  beter kan leer ken. Sy wil dinge uit haar gemaksone beleef, is nuuskierig en sal haar wanderlust volg.

Sy is nie bang vir verandering nie

Baie van ons raak bekommerd oor wat volgende op ons wag, soos om van loopbaan te verander of te verhuis. Die meisie wat avontuur lief het, dink nie twee keer om dinge in haar lewe aan te pas of te verander nie. Sy gryp elke geleentheid met beide hande aan.

Sy gee werklik om

Die avontuur meisie wen harte met haar empatie en warmte en hou mense vasgenael met haar ontspanne gesindheid en sin vir humor. Sy inspireer mense van alle ouderdomme en agtergronde en moedig hul aan om hul drome na te jaag. Sy sal jou grootste cheerleader wees, jou vertroueling en beste vriend.

Sy hoef nie in te pas nie

Die meisie wat van avontuur hou weet dat om ’n indruk te maak, nie afhang van daardie nuutste modieuse uitrusting wat sy by die partytjie gaan dra nie. Sy weet dat hoe jy mense laat voel, eerder ’n blywende indruk laat.

Sy weet foute is oukei

Deur foute te maak en daaruit te leer is hoe om te groei en te lewe. Elke uitdaging is ’n geleentheid. As sy nie in haar doelwit geslaag het nie, wat daarvan? Foute gee jou die kans om volgende keer beter te doen. Sy weet dit is jou houding teenoor foute wat soveel meer tel as die fout wat jy gemaak het.

Sy vind die lag in haar dag

Die avontuur meisie weet dat om hard uit jou maag te lag, goeie medisyne is. Sy weet wie sy is en sy doen dinge wat vir haar lekker is. Sy besluit om positief te leef en die lag in haar lewe te behou, selfs al is dit soms moeilik na traumatiese gebeure. Met genoeg lag in haar dag en ’n positiewe ingesteldheid, sal sy die humor in elke situasie raaksien en haar lewensreis tot die einde geniet.

Jy hoef nie Kilimanjaro te gaan klim om die meisie wat van avontuur hou, te verstaan ​​nie. Die lewe is nie altyd maklik nie, maar kies vandag om die lewe aan te gryp, dankbaar en gelukkig te wees.

Sal jy net soos die avontuur meisie die nodige risiko’s neem, die lewe waardeer en geniet en besef dat elke dag ongetwyfeld ’n opwindende avontuur kan wees?

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.