Vermaak net vir jou! #BLOSSEntertainment

Hi aan al die #BLOSSEntertainment lesers! Ek is opgewonde om November 2017 se blog met julle te deel. Ek moet sê die vermaaklikheids bedryf was die aflegope maand lekker besig met besonders baie lekker dinge! Ek deel dit graag met julle!

1. Vuil Wasgoed – Film

Vuil Wasgoed is ń nuwe film wat vanjaar sy debuut maak en ek is in ekstase om te sien hoe dit gaan ontvang word.

Vuil Wasgoed se draaiboek is geskryf deur Bennie Fourie, word vervaardig deur Danie Bester, Bennie Fourie en  Bouwer Bosch, met Morné Du Toit aan die stuur van die regie. Die rolverdeling sluit in BennieFourieBouwer Bosch, Tim Theron,  Stiaan Smith, Nico Panagio, Charlie Bouguenon , Simoné Nortmann, Leandie du Randt Bosch en meer.

Vuil Wasgoed is vanaf 8 Desember 2017 landswyd in teaters te sien.

2. Liefde Wen – Nuwe Digters Bundel! 

Die bekende brand Liefde Wen gestig deur Bouwer Boch het onlangs ń digters bundel vrygestel in samewerking met Almero Welgemoed.

Volgens persverklaring: “Die Liefdewen digkompetisie het ontstaan einde 2016 en was ‘n idee wat by my opgekom het om die Afrikaanse gemeenskap te betrek in die literatuur wereld. Ons wou jonk en oud die kans gee om hulle skryf en digvernuf tentoon te stel en ook ‘n paar die kans gee om gepubliseerde digters te word in die Liefde Wen Digbundel.

Die kompetisie het meer as 600 inskrywings gesien, almal oor die term “liefde”. Die top 57 gedigte is gekies en hierna het ‘n proses van redigering gevolg. Dit was ‘n saamwerk geleentheid tussen Naledi (ons uitgewer) en die finaliste van die kompetisie.

Die finale produk is nou beskikbaar en dit is iets waarop ons baie trots is. Die boek is ‘n samevatting van die temas rondom liefde en die digters stel die teleur nie.” sê Almero.

www.liefdewen.co.za

3. STELLA stel Hoop In Liefde – Akoestiese video bekend!

Die talentvolle STELLA het vanjaar haar debuut solo album Nuwe Môre vrygestel en nou spog sy met ń asemrowende nuwe musiek video! Maak seker jy gaan kyk na hom op YouTube!

Volgens persverklaring: “Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het. Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene. Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ‘n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reën wat in (te) klein buie geval het. Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons het daardie jaar ook ‘n baie goeie oes gehad! Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi. Liefde is dieselfde. Bietjie, bietjie maak meer. Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee. Daar is hoop in liefde”, sê Stella.

4. G and T! Hier Kom ń ding!

Het jy al gehoor van die sexy sang duo and T? Wel indien jy nog nie gehoor het van hierdie dames nie stel ek jou graag voor! Hulle is tans in die Kaap en is van plan om SA met n BANG aan te vat!

The dynamic pop duo G and T are getting ready to take South Africa by storm with their powerful yet angelic voices and bubbly personalities.

The Cape Townbased duo, made up of best friends Shelley Gordon and Sarah-Jane Thomas – representing the G and T respectively – haveto date, predominately performed cover songs by the likes of Fifth Harmony, Meghan Trainor and Justin Bieber. However, this September they launch their first solo single titled Shameless, produced in the USA by multiGrammy winner Khari “Needlz” Cain who has produced tracks for none other than Bruno Mars, Ludacris, 50 Cent, Drake and Lupe Fiasco.

Shameless is about not apologising for an uncontrollable connection with that special someone. It’s about embracing those feelings and actions, acting openlyand shamelessly.”

En daar vat hy nou! #BLOSSEntertainment Blog vir Nov 2017! Maak seker jy volg my op social media Instagram @zanderdb en Facebook @ZanderDeBeerActor en YouTube @SayWhat!


“ Maak altyd plek vir kreatiewe denke en moet nooit ophou droom nie! “ – Zander De Beer

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.