Verandering is goed,verandering in jou hare is nog beter!

Verandering is goed… verandering in jou hare is nog BETER!

“A woman who cuts her hair, is about to change her life”

– Coco Chanel

 

Vandag is ,n Maandag, simbolies aan n nuwe begin, dis ook begin van September, ‘n nuwe seisoen.  Net soos seisoene verander, en tyd aanstap, so as mens moet ons ook dit in ons daaglikse lewe sien, dat verandering n goeie ding is…

 

Metamorfosis word beskryf as, n verandering van ‘n persoon in iets totaal en al anders.  In ons uitgawe van BLOSS die maand embrace ons verandering in die tydskrif wat eers gekruip het en nou sy eerste tree gee in die land, dis n nuwe seisoen, en ook tyd om jou kapsel n facelift te gee.

Trends vir lente, is vars en nuut, wat beteken daai ou droe punte moet waai, soos die Augustus winde.  Uit met die ou en in met die nuwe, dis ook nou die tyd om daai uitgegroeide ombre dalk nou weer in te kleur met nuwe strepies en ,n treatment of twee. Ons Vrouens voel mos net beter as ons beter lyk, ek sien nou in die salon die afgelope twee weke, ons vrouens is nou oor die winter maande, ons is eintlik nou reg vir Desember vakansie.  n Groot trend vir die warm maande is die bob, om meer spesifiek te wees is dit die bobs wat in ‘n “blunt cut” gesny is, dit lyk gesonder en is great vir girls met fyner hare ook, want dit laat die hare voller lyk.   Vir die met dikker hare is dit ook n opsie om bietjie tekstuur in te sny, laat dit nie TE dik lyk nie.  Celebs soos, Lili Collins, Emma Stone, en Jennifer Aniston, het hulle “lobs” in “bobs” verander.

 

     

Die regte produkte is ook belangrik met seisoen veranderinge, verander jou shampoo en conditioner na iets wat nie jou hare so swaar gaan maak nie.  Ek maak voorstelle vir die van julle wat die regte produkte soek om die bobs te rock en jou lewe makliker te maak.

 

 

Dis so maklik soos 1,2,3… en voila, n nuwe haarstyl, nuwe seisoen, en nuwe uitdagings. Begin die week goed, en onthou dat verandering van werk tot haarstyl, is nie noodwendig ‘n slegte experience nie ,maar net die begin van groot dinge!

Kom kry jou KMS haarprodukte vir jou nuwe haarstyl verandering by Salon Next Door, dit sal op afslag wees vir die maand van September -10%, gebruik #BLOSS as verwysing om te kwalifiseer.  Kontak ons gerus (012)991-3574

 

To good hair days!

#Thathairgirl

 

 

 

 

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.