Vars Vermaak Vir Almal

Met opwinding in my hart deel ek, Zander De Beer, graag met julle my nuwe blog vir BLOSS. #BLOSSEntertainment

Die afgelope paar maande het ek die eer gehad om na so baie events toe te kon gaan in die vermaaklikheidsbedryf. Ek kon dit ook deel met van my naaste mense in my lewe. Ek glo altyd dat dinge nooit so lekker is tot jy dit kan deel met ander nie, en daarom deel ek ook graag my ervarings met julle. Nou Toe, laat ons weg spring.

Die VAN DER MERWE – FILM

Ek is so paar weke terug genooi na die media screening van die VAN DER MERWE film en het lanklaas so lekker gelag in ń film teater. Die flilm handel oor die bekende grappies soos ons hulle ken Jan Van der Merwe en mens kan gou optel as hulle die teks volgens die grappies geskryf het wat dit baie lekker maak om na te kyk, en die legende lewe te kan gee. Die film is van so aard dat mens net kan sit ek kyk en nie te veel hoef te dink nie. Maak seker jy gaan loer na die film voor hy van die bioskoop af is…

Die KROTOA – Film

Dit was vir my verfrissend om die film te gaan sien by die media screening so paar weke terug. Nou Zander, hoekom sou jy die woord “verfrissend” gebruik? Dit is nie weer net nog ń liefdes verhaal met die selfde klomp akteurs nie. Ek’s jammer as ek bietjie reguit praat maar dit is waar. Wat my mees opgewonde gemaak het oor die film is dat dit op geskiedkundige  gebeurtenisse gebaseer is.

“KROTOA is ’n treffende film oor ’n dapper vrou, wat alles in die stryd gewerp het, om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap, waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te neem na vervloeë tye.”

LIZANDRA WINTER – DEBUUT ALBUM

Ek kon nie wag om oor hierdie talentvolle kunstenaar te begin skryf nie. Ek het die eer gehad om saam van die BLOSS span Lizandra Winter se nuwe debuut album vrystelling by te woon. Soos ek die optrede deur gesit het, het ek elke liedjie in geneem en baie myself gekry huil, nie omdat ek hartseer was nie maar omdat daar so baie diepte in haar lirieke was. Dit is min dat kunstenaars nog gaan sit en tyd vat om na te dink aan wat hulle wil sê en dit dan nog met so baie talent en musikale inset uit te lewer. Joshua Na die Reën was ook deel van die skryf en verwerking van die album, en ek is mal oor die opnames wat uit LittleBig Studio se deure gekom het. Maak seker jy kry jou CD vandag nog!

KSFF – ( KLEINKAAP SHORT FILM FESTIVAL )

Daar is niks so lekker as om te sien hoe jong opkomende en selfs gevestigde kunstenaars eksperimenteer met film nie. By die Kleinkaap Short Film Festival het ek die voorreg gehad om tenminste 6 van die hordes films te kon sien. Ek was geskok toe ek hoor dat dit nie net local films was nie maar ook internationaal ook, wat teen mekaar kompeteer. Die fees word elke jaar in Julie gehou in Centurion by Kleinkaap Trou Oord ( Gauteng ) en ek sal aanraai dat julle indien moontlik dit gaan bywoon in 2018. Ek glo in nuwe werk, kuns skep, en nuwe konsep eksperimentering. Die KSFF het my opnuut daartoe geinspireer.

WAT MAAK JY? – VIA TV VELTOG

VIA TV op DSTV het onlang ń nuwe veltog op die kassie geloots met die naam WAT MAAK JY?

Die veltog is spesifiek gefokus op die groei van ons trotse taal op die internet. Dit word aangebied deur ń klomp bekende gesigte van YouTube wat nou elk vyf videos moet maak vir VIA om op hulle kanaal uit te saai en dan ook ander jongmense aan te moedig om hulle eie videos te maak. Jy kan pryse wen en in toekoms dalk ń VIA TV ster word. Ek is ook self betrokke met die veltog en jy kan my ook een of ander tyd op hulle program sien.

Baie dankie dat ek bietjie van my maand se ervarings in en rondom die vermaaklikheidsbedryf met julle kon deel! Maak seker jy volg my op Instagram @zanderdb en gaan like my facebook page om deel te maak van my avonture.

EN DAN:

Ben Pienaar – Vermaak Kenner.

Ek wil ook graag van die geleenthied gebruik maak om Ben Pienaar ons nuwe “Vermaak Kenner” aan julle voor te stel. Ben is ook ń volronde akteur, regisseur en skrywer. Hy kan gesien word in films soos Rowwe Diamante en ook Suurlemoen. Hy maak sy merk in die teater met talle rolle wat hy al vertolk het, en kan nie wag om sy “Ontmasker” artikel in die tydskrif aan julle bekend te stel nie. Ons sien uit daarna om Ben Pienaar op ons span te kan hê!

Wees lekker wees soet en as jy nie is nie neem fotos… ek post graag.

Dankie julle!

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.