Uit die veld geslaan

Daar is ’n nuwe geslag jong vroue wat nie bang is om ’n perd op te saal, die veld in te vaar en nuwe uitdagings aan te pak nie.

Beide Anja Harmse en Carlene Niemand het een ding in gemeen en dit is dat hulle nie skroom om hul passies ten volle uit te leef nie.

Anja, die skaapboer van formaat

Anja is ’n skaapboer en was nog altyd lief vir diere. Sy ry perd vandat sy vier jaar oud is en glo perdry het haar as kind uit die moeilikheid gehou en verantwoordelikheid geleer. Anja het ’n honneursgraad in Sportwetenskap en het in haar laaste jaar as student haar man, Henk ontmoet wat op sy plaas in Bultfontein boer. Voor sy haar weer kon kry was sy gelukkig getroud en het sy met skape geboer. Haar man het ’n skaap stoet, EAG Vleismerino (EAG staan vir EER AAN GOD) en vir hul gaan dit nie net oor die fenotipe nie, maar ook oor die genotipe sodat hulle slegs optimale diere kan produseer. Anja het dalk nie opleiding gekry nie, maar haar liefde vir diere en die natuur maak haar ’n skaapboer van formaat.

“Dalk is dit vir ’n vrou om met skape te boer nie die norm nie, maar vir my is dit soos tweede natuur. Dis harde werk, maar as jy ’n passie vir enige iets het, gaan jy ver in die lewe kom. Ek sien die skape nie net as myne nie, maar natuurlik is dit ons Hemelse Vader sin ook. Hy gee my elke dag krag en leiding om die boerdery reg te bestuur.”

Verder floreer sy op die plaas en spandeer graag tyd met haar Thorougbred skouperd, Sunshine wat sy in 2016 gekoop het. Sy vorige eienaar het hom as skouperd goed opgelei en onder afrigting van Andrea Walle het sy vinnig lief daarvoor geraak om aan kompetisies deel te neem. Sunshine is saggeaard en hulle het ’n hegte band. Om perd te ry en tyd met diere te spandeer is vir haar ontspannend. Sy glo perdry het haar juis voorberei om ’n skaapboer te wees want dit het haar sterk gemaak en geleer om weer op te staan as sy val.

Anja se boodskap aan vroue is dat jy somtyds uit die boks moet dink en nie bang moet wees om iets nuuts aan te pak nie. “Mense sal baie respek vir jou kry en op na jou kyk. Elke dag is ’n geskenk aan ons, gryp dit aan en maak seker dat jy as vrou nie minder is as wat God jou gemaak het om te wees nie.”

 

Carlene, die gesoute jagter

Dit is jagtyd in Suid-Afrika en al hoe meer vroue verruil hul grimeertassie vir ’n geweertas en staan hul jagskoene vol in hierdie veld. Een só vrou is Carlene wat ’n gesoute jagter is en in die Vrystaat woon. Net soos Anja, ry sy ook graag perd en was nog altyd lief vir die plaaslewe gewees. Sy het van kleintyd af saam met haar pa en boetie, Cornie en Henco Niemand gaan jag en het ’n groot belangstelling daarin begin kry. Haar pa het haar leer skiet deur sy geweer vir haar te gee en so het sy geloop en duiwe skiet.

Carlene het haar PH kursus na skool gaan doen en het tot onlangs as beroepsjagter, buitelanders vergesel om te jag. Sy verkies dit om te “walk and stalk”, want dit is vir haar meer eties en regverdig teenoor die teiken. Haar gunsteling wilds- en jagplaas waarop sy al gewerk het is tussen Kimberley en Boshof. Die natuur daar is vir haar mooi met eindelose vlaktes en koppies waar vaalbos tussenin sy verskyning maak en elke terrein sy eie uitdagings bied.

Carlene skiet met ’n CZ 300 Win Mag wat een van die groter kalibers is en vir haar ’n lekker “all-rounder” geweer is. Sy sê sy het gou met die 300 gemaklik geraak, aangesien die skop nie iets is om oor bekommerd te wees as jy weet hoe om die geweer reg vas te druk nie. Sy het self nog nie so baie gejag soos sy graag sou wou nie omdat ek meer PH werk gedoen het, maar ek het al ’n blouwildebees en waterbok gejag. So ook springbokke, vlakvarke, jakkalse en rooikatte.

Haar boodskap aan vroue wat belangstel om te jag is dat veiligheid die belangrikste is en dat die persoon wat jou touwys, ervare en geduldig moet wees. Carlene voeg by: “Uit ondervinding is vroue baie meer akkuraat op hul teiken. Maak seker dat jou ingesteldheid reg is en dat jy dit sal kan hanteer as die teiken val. Oefen eers by ’n skietbaan en word gemaklik met die klank van die skoot en die skop van die geweer. Laastens, geniet dit! Doen dit vir die ondervinding en avontuur daarin.”

 

Almal van ons kan nuwe dinge vanuit ons gemaksone aanpak. In Albert Einstein se wyse woorde: “Imagination is everything. It is the preview of life’s coming attractions.”

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.