Tegnologie vir elke dag

Een ding is vir seker. Tech het ons lewens vir ewig verander. Van hoe ons date tot TV kyk, met vriende en familie kommunikeer tot aanwysings vind. Ons het ’n love-hate relationship daarmee. Kry iets nuuts reg en jy vertel gou ‘n vriend of twee, maar o jinne, laat Whatsapp nou nie daai boodskap stuur nie…

Vanaf ‘n jong ouderdom het tech my reeds gefassineer. Ek was sewe toe my pa eendag ’n wit boks, skerm en paar drade by die huis aanbring. Kort voor lank was alles gekonnekteer. Ek’t omtrent in bewondering gestaar toe die skerm opflikker vir die eerste keer en soos hul sê: the rest is history.

Vandag is ek ’n tech entrepreneur en geniet elke oomblik daarvan. My nuutste venture is CrashDetech. Dis ’n app wat outomaties optel wanneer jy in ’n ernstige voertuig ongeluk betrokke is, jou presiese ligging bepaal, onmiddelik die naaste ambulans ontbied en noodsaaklike mediese inligting aan paramedici verskaf.

Ek het ongelooflike ondersteuning van die media ontvang en was geseënd om op Carte Blanche, CNN, BBC en verskeie ander internasionale platforms te verskyn. CrashDetech het verskeie toekennings ontvang en ek’t selfs ’n geleentheid gehad om ons land teen 26 ander in New York te verteenwoordig. Dit was omtrent ‘n ervaring gewees!

Realiteit is dat ek baie failures gehad het in my jonger jare as ’n entrepreneur. As ek terugkyk is dit van die beste lesse wat die lewe my kon leer. Ek’t oor die jare besef hoe belangrik dit is om in jou gesondheid, mense verhoudinge en selfverbetering te investeer. Ek was geforseer om in alle areas van my lewe te groei en is besonders dankbaar vir my journey tot hier.

Ek sien uit daarna om saam met julle te praat oor tech: die goed en sleg, hoe dit ons lewens komplimenteer en op tye negatief affekteer.

Tech kan jou lewe bietjie makliker maak, op tye frustreer, alledaagse uitdagings uitsorteer en in sekere gevalle, selfs jou drome laat realiseer.

#totvolgendekeer

Photo by Egor Khomiakov on Unsplash.

Jaco Gerrits
Jaco Gerrits

Editor: Technology

Jaco Gerrits, one of South Africa's most innovative technology entrepreneurs, is a former Top Technology Entrepreneur Africa Award winner. He has further also been the winner of "The Venture" South Africa, where he represented the country in New York during a worldwide search for the best social entrepreneurs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.