TALANA stel haarself voor

Ek wees is in my DNA.

Foto Krediet: Photos4Eva – Zandre Lopes

Hallo.

Ek is Talana, ‘n sangeres in die Afrikaanse musiekbedryf en ek het besluit om my lewe te verander en myself fisiek, psigies en liggaamlik uit te daag.

Vir te lank het ek myself onderdruk deur ander se prentjie van ‘perfek’ uit te leef en hierdie jaar het ek besluit dit stop NOU! Ek is wie ek is en niemand sal my kan verander of my ooit weer laat sleg voel oor my liggaam en identiteit nie. Ek gaan veranderinge maak op plekke waar EK voel dit nodig is, en so by the way, van wanneer af is dit ‘n sonde om jouself te wees? Dit is een ding wat ek verpes van die samelewing, ons het hierdie vrees vir ek wees, want hoekom? Almal soek ‘perfek wees’. Op die einde van die dag probeer jy te hard om perfek te wees en vergeet jy wie ek wees is. Dis dan wanneer jou selfvertroue by die deur uitwaai, jy lelik en vet voel en jouself met ander vergelyk.

Ek gaan baie eerlik en reguit wees as ek sê ons bring dit oor onsself, want ons laat ander mense se opinies so baie tel in ons lewens. Ons laat toe om vergelyk te word met die buurvrou en haar perdeby lyfie, ons laat toe dat die samelewing ons gesonde, gelukkige ek wees vernietig en verander na ‘perfek wees’. VIR WAT? Ons is klaar perfek geskape volgens God se wil, hoekom wil jy dit verander om perfek te wees vir die mensdom? Ja, daar is plek vir verbetering, maar daar is nie veronderstel om plek te wees vir totale verandering en verwydering van die God geskape ek nie..

Ek was nog altyd gemaklik in my lyf en het gesond geëet sonder dat ek te veel op dit gefokus het, tot die dag toe iemand my bewus gemaak het. Ek bedoel eintlik hierby, selfbewus gemaak het, want niks was goed genoeg nie. Yoga klas was vir verveelde vrouens en jy kan niks daaruit baat nie. Om ‘n boheemse leefstyl te hê was gesien as ‘n styl vir weird mense. Nog nie eens gepraat van my lekker gesonde kos wat skielik ook nie volgens standaard is nie, want dit maak vet en mens doen dit so en nee jy eet te veel en so gaan dit aan. Dit het my gelos op ‘n plek waar ek vet en lelik en als behalwe myself gevoel het. Vir elke skewe woord of negatiewe sê-ding wat ek ontvang het, het ek meer en meer in my doppie begin klim en wraggies soos ‘n lelike eendjie gevoel. Ek het gewig begin aansit en soveel stres op my liggaam geplaas deur etes te skip of soms glad nie te eet nie en dan net ongesonde diëte te volg. Dis dan wanneer ek so gewens het vir ‘n woordjie van bemoediging, want ek glo vas, ‘n kompliment of bemoedigende woorde kan ‘n lelike eendjie weer in ‘n godin laat verander. Hoe moeilik is dit om iemand aan te moedig?

Ek het genoeg gehad en het besluit nie ‘n dag langer nie, ek weier. Ek het my goals en voorneme uitgetik en gelamineer en op my muur voor my lesenaar geplak en vir myself gesê “Ek wees is sterk oppad om perfek wees te bulldoze!” Ek het ‘n lys gemaak en dit as volg geskryf: Ek wees is boheems, Ek wees is yoga, Ek wees is meditireense kos, Ek wees is ‘n introvert, Ek wees is moeite doen met myself en medemens, Ek wees is lag, Ek wees is nie iets om oor skaam te wees nie en Ek wees sterk wees. Dan het ek nog ‘n lysie gemaak en hom sommer na die tyd weggesmyt, hy lyk so: Perfek wees is nie ek nie, Perfek wees is wat JY wil hê, nie wat EK wil hê nie, Perfek wees pas nie by ek wees nie, Perfek wees is so cliché, Perfek wees is om jouself met ander te vergelyk, Perfek wees is ongelukkig wees en Perfek wees is ‘n plek waar ek nooit weer wil wees nie! En ek het ook besluit dat niemand hoef te weet wat my doelwitte en voorneme is nie en dat ek ook nie hoef te verduidelik hoekom ek goed op ‘n sekere manier aanpak of doen nie, want.. Ek is wie ek is, my eie mens. OKAY… dit was nou ‘n mond vol. Ha ha ha.

Ek wil graag my journey en uitdagings met julle deel en julle aanmoedig om perfek wees te vervang met ek wees, want dis tog jou DNA en you will be a natural at being you.

Vanaf 12 Februarie gaan ek vir 6 uitgawes in BLOSS magazine verskyn en jul vertel van my journey waarna ek dan ook ‘n blog met elke uitgawe gaan publiseer en meer in diepte gesels oor my ervarings en uitdagings. 🙂 Kom lees lekker saam!

Liefde

TALANA

Gaan volg my gerus : https://www.facebook.com/talanafanpage/

 

tALanA
tALanA

HEALTH ASSISTANT EDITOR

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.