TALANA – Hallo, Nuwe EK!

Foto Krediet: Photos4Eva

Hallo Nuwe EK!

Ek is TALANA en het besluit om my lewe te verander. 2018 Is beslis ʼn NUWE BLADSY van nog ʼn hoofstuk in my lewensboek. Kom deel in my AVONTUUR waar ek myself liggaamlik, fisiek en psigies weer vind.

My hart is gevul met opgewondenheid! My heel eerste bladsy is amptelik in BLOSS Magazine (bladsy 56) en nou kan julle almal lekker saam met my lees en my beter leer ken.

Vir ʼn plane jane soos ek is dit soms nogal moeilik om so bietjie te waag, maar ek het ʼn brawe stap geneem en my wenkbroue laat Microblade by BROWTINIQUE Aesthetics  in Waverley Pretoria en ek is ABSOLUUT verlief daarop! June’ Pretorius het ʼn great job gedoen en het my gehelp om my selfvertroue weer terug te kry. Dames, dit is regtig die moeite werd, want ek voel weer mooi sonder om te veel moeite te doen. Ek voel soos Talana met net mooier wenkbroue hehe 🙂 Julle kan gerus gaan loer:  Browtinique Aesthetics Page

Te lank het ek so bietjie weggekruip agter ʼn masker en hierdie jaar het ek daardie masker afgehaal, want ek wou myself net weer vind en weer besef dat ek ook net mens is en my eerste stap was om aan te sluit by ʼn klas in die gym. What a challenge!!!

Ek wou nog altyd joga doen en het myself morsdood geskaam om by ʼn klas aan te sluit en alleen met ʼn mat onder die arm daar in te waltz.. Maar ek het moed bymekaar geskraap en met Yoga/ spinning en pilates klasse begin en ek was heel verbaas om agter te kom dat niemand my oordeel nie! Ek het natuurlik soos die vettie gevoel en was te bang om te vra hoe mens op die fiets klim en hom stel of hoe ek die yoga mat en blokke en balle moet plaas en gebruik, maar ek het darem vinnig geleer en stelselmatig het my insecurities by die venster uitgewaai. Na elke klas voel ek great en verlig en so asof my spirit weer bietjie gelig word. Ek kan stil raak met my eie gedagtes en ook stil raak en my bekommernisse vir God gee. Dit het my escape plekkie en veilige hawe geword. Vandag, amper twee maande later kan ek met ʼn glimlag die klas binne stap en gesprekke voer sonder om stupid te voel hahaha! Ek voel nou amptelik deel van die yoga/ spinning en pilates squad.

Al waarmee ek nog regtig bietjie sukkel is om myself weg te hou van lekker vet maak kos af, want ek kan ʼn helse blok kaas en glas wyn nie weerstaan nie. Nie eers gepraat van my jalapéno poppers nie! Ohh en pasta, pizza, brood, poeding en enige lekker SOUSE, OH MY WORD! Laat ek liewer stop voor ek lus raak, want die lyf van my kan mos ʼn lelike tantrum gooi as ek net daaraan dink, never mind daarna kyk of daaraan proe nie. My pens en boude blaas hulself daar en dan op van dikbekgeid dat dit sommer op my arme klere uitgehaal word, want niks wil dan pas nie.. So, met verkeerd eet moet ek myself nog bietjie oor die vingers tik, my partner doen dit gereeld dan blaas ek elkgeval myself so op ek kan opstyg, maar daardie hupstootjie en bietjie streng wees is iets waarvoor ek dankbaar is, want ek weet ek het ʼn lekker support system en ek weet iemand is daar om my te help om die beste ek te wees wat ek kan, want perfek wees is volgens my iets wat ek regtig nie wil wees nie..

Julle, dit is nie net so maklik om te besluit jy gaan nou jouself uitdaag om ʼn beter jy te wees en jouself dan weer te vind nie, mens gaan deur soveel emosies en leer elke liewe dag iets nuuts van jouself. En jy plaas jouself buite jou gemak-zone. Soms raak mens ongeduldig en wil jy regtig net moed opgee en jou face stuff met alles wat verkeerd is! Soms wil jy sommer net van loopbaan verander want die uitdagings raak te rof en veeleisend! Maar dan herhinner jou hart jou weer dat jou droom nie ʼn pause knoppie het nie en dat jy nie ʼn oomblik van hierdie journey kan mis nie, al is dit nie altyd net lekker nie, al moet jy soms die vuil en slegte werk doen om bo uit te kom en al is dit alles behalwe maklik, JOU DROOM WAG NIE, jy moet hom najaag! En daarom druk mens deur en is mens dankbaar vir alles wat jy bereik het tot dusver. Daarom werk jy elke dag aan jouself, jou voorkoms, jou selfvertroue  en jou DROOM!

Niemand het vir my gesê dat my journey maklik gaan wees nie, veral nie om my hart en persoonlike struggles met mense te deel nie, maar daar was ook nie vir my gesê hoe bevredigend en healing dit kan wees nie. Ek is geseënd met waar ek nou in my lewe is en dit is lekker om myself bietjie te challenge en te push. En dit is lekker om dit met ander mense te deel, want ek weet ek is nie al vrou wat sukkel met hierdie dinge in my lewe nie. Daar is baie ander wat ook insecurities het en ook hou van lekker eet en dan lekker dik word, nes ek. Dis niks om oor skaam te wees nie, dit is net iets waaraan jy kan werk en dit dan kan bemeester.

So, dames… en gents.. moet nie so hard op jouself wees nie. Wees geduldig, al is dit moeilik, leer jouself ken en koester jou hart en liggaam, want jy is spesiaal. So bietjie werk hier en daar is dalk net wat jy nodig het om jouself weer bietjie te boost.

T A L A N A

 

 

 

 

 

 

tALanA
tALanA

HEALTH ASSISTANT EDITOR

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.