TAILOR kom toer in Suid-Afrika!

Dit maak ons baie opgewonde om hierdie blog post te maak van Tailor! Lees graag wat haar PR span aan mekaar geslaan het! Al die details lê hier onder!

#BLOSSEntertainment!

Tailor het in 2018 na Londen verhuis, nadat sy voor duisende mense opgetree het by die ikoniese Hammersmith Apollo as deel van Johnny Clegg se Final Journey-toer.

Britse aanhangers het sedertdien hierdie onkonvensionele kunstenaar se werk gevier met optredes by die bekroonde Bedford in Balham wat vir Ed Sheeran bekend gemaak het, die gewilde Halfmoon in Putney waar The Who, U2, en Rolling Stones al opgetree het en The Troubadour waar Bob Dylan se eerste konsert in Londen gehou is.

Dit is pas bevestig dat Tailor vir twee weke lank Suid-Afrika toe kom vir haar eksklusiewe #1000MILESTOUR. Hier sal sy gehore kom vermaak met haar enigmatiese vertoning en musiek vanaf haar drie bekroonde albums: The Dark HorseLight en Trust Part 1, asook nuwe liedjies wat sy geskep het saam met wêreldbekroonde musikante en vervaardigers.

’n Aanhanger het eenkeer vir Tailor gevra hoekom sy so stil is voor haar vertonings, waarop sy geantwoord het: “Om my stem te spaar, sodat ek op die verhoog kan skree!”

TAILOR #1000Milestour-program

APRIL

Vrydag die 20ste – Barnyard, Rivonia @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 087 236 3088

Saterdag die 21ste – The Music Box, Observatory @ 7nm – kaartjies teen R450.00* sluit drankies, aandete ensovoorts in soos onder genoem – besprekings by info@hotspotconcerts.co.za of 082 4789 555

*SOVEEL SOOS WAT JY KAN DRINK, aandete (smaaklike vegetariese spyskaart), vertoning, tee/koffie en koek, jou donasie is R450.00 per persoon.

Maandag die 23ste – Barnyard, Silverstar @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 010 593 0744

Dinsdag die 24ste – Café Roux, Kaapstad @ 8.30nm – kaartjies teen R150.00 by caferouxsessions.co.za

Donderdag die 26ste – Café Roux, Noordhoek @ 8.30nm – kaartjies teen R150.00 by caferouxsessions.co.za

Sondag die 29ste – Cottage Club, Vishoek @ 5nm – kaartjies teen R150.00 by cottageclub@mweb.co.za of 021 782 0931

MEI

Woensdag die 2de – Barnyard, Cresta @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 011 478 5300

Donderdag die 3de – Die Blou Hond, Pretoria @ 8.30nm – kaartjies teen R190.00 of R390.00 by http://www.casatoscana.co.za/events-shows/events
R190 vir die vertoning met springmielies, welkomdrankies, koffie en tee OF met ’n aandete-opsie teen R390 per persoon.

Saterdag die 5de – Radium Beer Hall, JHB @ 9nm – kaartjies teen R150.00 by Andy 083 542 1044 of

radiumbarandgrill@telkomsa.net

TAILOR se besonderhede

Webblad: www.Thisistailor.com

Facebook: www.facebook.com/thisistailor

Twitter: @thisistailor

Instagram: @thisistailor

TAILOR-toer se hutsmerke

 

#1000Milestour

#ThisIsTailor

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.