Swatch en Mercedes kombineer kreatiwiteit

Luxury kom in baie vorme en grotes en Mercedes-Benz se nuwe smart is beslis dinamiet in ’n klein pakkie met sexy looks. Ja, jy het reg gelees! smart word ontwerp en vervaardig deur Mercedes-Benz, maar die konsep is die brein-kind van die Switserse horlosie maatskappy Swatch. Die smart motor is gebore toe Mercedes-Benz en Swatch saam in vennootskap gegaan het om die droom van ‘n horlosie vervaardiger ‘n werklikheid te maak. Hierdie droom word later gedoop smart, wat ‘n akroniem is vir Swatch Mercedes Art.

Die eerste smart motor maak sy debuut in 1997 by die Frankfurt Auto Show, en 20 jaar later maak die nuwe generasie smart nogsteeds opslae met ’n powerful style statement, en is ongelooflik prakties vir stedelike gebruik. Jy sal nooit weer sukkel om ’n parkeer spasie te kry nie en parallel parkering is ’n vergete nagmerrie.

Die kajuit is verbasend ruim met meer as genoeg plek vir al jou retail therapy sprees. Afwerkings is ’n plesier is om na te kyk en aan te raak, en met gladde ontwerps lyne sal jy elke kilometer geniet wat jy in die ratse motortjie ry. Baie oppervlaktes is bedek met materiaal met verskeie kleur kombinasies wat strek van stylvol tot uitspattig.

Modelle vir die nuwe smart sluit in die fortwo, die forfour en die sexy cabrio en is beskikbaar in verskeie opwindende kleure om by jou persoonlikheid te pas. Vir meer performance en ‘n sporty look is die Brabus weergawe van die fortwo en forfour ook beskikbaar. As jy opsoek is na ‘n klein motor met ‘n turbocharged enjin is die Brabus smart net vir jou.

So waarom moet jy die nuwe smart aanskaf? Nie net lyk die motortjie stylvol en sexy van binne en buite nie, maar is ook baie bekostigbaar met ’n prys kaartjie wat enige sak sal pas. Veiligheid was ’n prioriteit toe die nuwe smart ontwerp was en dit is amper net so veilig soos ’n Mercedes-Benz C-Klas. Verder sal jy oneindig baie features binne en buite kry wat die motortjie voorwaarlik uniek maak. So wees smart en kry vandag nog jou smart as jy koppe wil laat draai soos wat jy rond rits van een plek na ’n ander, want ons almal hou van mooi!

Beskikbaar by Mercedes-Benz Centurion – www.mccarthymotors.co.za
Tot volgende keer…

Bloss Groete
Johan

 

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.