Summer is “Hair”

“Sun’s out, Buns out” Desember vakansie is hier, dis tyd om fees te vier, dis Fiesta tyd! Maak los jou bolla, en laat ek jou `n paar wenke gee om jou hare te beskerm, en mooi te  lyk terwyl jy `n cocktail of drie geniet by die see, en van jou sorge vergeet.

Net soos die son nie jou vel se maat is nie, so is hy verseker nie jou hare se beste vriendin nie, maar ek is seker jy wil nie heel Desember op die bank sit en Netflix kyk terwyl almal vakansie hou op die strand nie.  Ons girls weet na `n dag op die strand of langs die swembad, kan jou hare dikwels droog voel en vaal lyk as gevolg van die sout of chloried.  Die groot geheim hier is- prevention is better than cure.

My tips vir al die beach babes die vakansie

  • Detox jou hare en kopvel- vra jou haarkapper om `n detox masker op jou hare te doen een of twee maal `n jaar, dit verwyder opgeboude produk van jou hare.  Dit gee jou dus `n skoon canvas om oor te begin en minder skade van chemikalie.
  • Die (ou boere raad ) appelasyn, werk soos `n bom, dit balanseer die kopvel se pH vlak, stimuleer haar groei, en seel die cuticles- wat dus jou hare laat blink.
  • Sit `n goeie silicone basis produk, of coconut olie in jou hare voor jy gaan swem, dit verhoed dat die chloried in jou hare geabsorbeer word.
  • Maak seker jy kry `n SPF vir jou hare wat jy kan op spuit, dit sal jou kleur beskerm en langer laat hou.
  • Spoel jou hare dadelik af na jy uit die see of swembad uit kom (indien jy kan), en sit `n masker aan om vog terug te sit in jou hare ( dit sal ook voorkom dat jou hare “frizzy” raak #bonus)
  • En… laaste, maar die HEEL beste tip- dra liewer `n hoed girls, dit beskerm jou kopvel, en jou hare teen onnodige sonstrale.
  • Die produk van die jaar is verseker Inoar Kalice olie, dit doen al die bogenoemde, en kan as `n vel produk ook dien. Beskikbaar by SND_Pretoria (012)9913574 

So daar het julle dit,geen verskonings die vakansie nie, kyk mooi na jou hare (en jou vel)- and have some fun while doing it!

#thathairgirl

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.