Spice Girls Hare

So, dis somer, wat vir ons in die haarbedryf eintlik beteken “die girls wil hulle donker hare, weer BLOND maak”
May the Hairdressing Angels be with us,please!

Vir my is dit belangrik om kliente te “educate” oor die hele proses om blond te gaan van hulle donker hare af, dis baie belangrik om die regte stappe te volg, om die regte resultaat te kry, sonder om jou hare te beskadig.
Dit kan ongelukkig nie in een dag, van jare se swart boksie kleur, na platinum blond toe gaan nie. Dis dieselfde as om te dink jy kan in een week 10kg verloor, dit gaan nie gebeur nie, PUNT!

Ek het n teorie oor die Spice Girls (ja ek kom uit die 90’s) en die “transformasie”, indien jy soos Posh Spice(Victoria Beckham) lyk en jou doel is om soos Baby Spice te lyk(Emma Bunton),sy is die Blondie, gaan jy eers soos Ginger Spice(Geri Halliwell) lyk, anders gaan jou hare soos Scary Spice(Mel B) sin lyk!

Vra jou “trusty” (F)hairygodmother eers uit oor die verskillende metodes wat hulle gebruik in die salon om blond te gaan, vra vir before an after fotos, of verwysings as jy moet, doen jou navorsing oor dit, want after all is dit JOU kroon wat jy dra.
Dis ook n duur proses, want dis tydsaam, en dis ook maintenance elke paar weke, goeie professionele produkte is n MOET sodat jy dit by die huis kan versorg tot jy weer by die salon uit kom vir jou volgende sessie om ligter te gaan.

Probeer geduldig wees in die tyd, en moet nie van een haarkapper na n ander een spring nie, doen jou navorsing oor die salon of haarkapper, maak seker dis nie Sannie se Tannie wat in 1960 vir n week lank “Beauty School” toe was en sy kan dit vir jou goedkoop doen met n “home kit” nie asb, GOEDKOOP KOOP IS DUUR KOOP.

Vir al my fellow-hairstylist- “May the force be with you during this process”
Maar onthou net, as jy daai klient se vertroue kan wen en haar hare in n gesonde kondisie kan hou tot by die perfekte blonde, het jy n klient FOR LIFE, en daar is geen beter gevoel vir ons, as om te weet ons kliente is mal gelukkig en tevrede, want daar is geen groter kompliment as jy n verwysing vanaf daai klient af terug kry nie, and thats the truth!!!

Gaan loer gerus na ons Facebook en Instagram page SND(SalonNextDoor)
Go make beautiful hair come true this month!

#thathairgirl

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.