Sky Ocean stel vierde enkelsnit bekend!

Daar was nie vir Sky Ocean ‘n spesifieke oomblik wat sy besef het dat sy ‘n musikant wou word nie.  Dit is iets wat net nog altyd daar was.  En luister jy na die strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek, weet jy dadelik daar is iets besonders aan hierdie passievolle kunstenaar.

Sy spog met ’n graad vyf musiekkwalifikasie van UNISA, asook graad ses stemopleiding van Trinity London College en graad sewe stemopleiding van Rockschool en het waardering vir ’n wye verskeidenheid musiek.

Gedurende die laast week van Oktober 2018, reik sy haar vierde enkelsnit, Vlekke, uit.  Hierdie liedjie is ook beskikbaar op haar album,SPORE VAN MY HART.   Die liedjie is geskryf deur Marli Mulder en Byron Keno en handel oor al die vlekke wat ou geliefdes en nuwe geliefdes op ‘n mens se lewe agterlaat.  “Mens dink dikwels terug aan die soene, aanrakings en hartsbegeertes en word selfs somtyds ‘n bietjie hartseer as jy dink aan al die herinneringe.  So los elke herinnering ‘n vlek agter op jou hart wat net soos ‘n tatoo vir ewig in jou siel gegrafeer sal word”, sê sy.

Die liedjie herinner haar nie net daagliks daaraan dat elke woord of aksie ‘n uitwerking op iemand se lewe gaan hê nie, maar dat dit hulle toekomstige denke en keuses oor liefde sal beïnvloed.  “Daarom moet jy mense baie saggies hanteeer deur hulle onvoorwaardelik lief te hê”, gaan sy voort.

Die publiek sal beslis aanklank vind by die liedjie omdat dit ‘n sielsbevange en gerustellende liedjie is.  Die eenvoudige, maar ook ongelooflike produksie is geïnspireer deur die talentvolle en internasionale sanger en liedjieskrwyer, John Mayer.

“Mens moet jou lewensvlekke koester want dit vorm deel vaa alles wat jou gemaak het tot die mens wat jy vandag is.  Leer daaruit en bly liefde uitdeel soos sjokolade – al maak dit seer, want wie hou nou nie van sjokolade nie!”, sluit sy af.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/skyoceanoff/

Instagram: @skyoceanofficialandreschwartz.co.za

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.