Skoonheids Geheime van oor die Wêreld

As brasiliaanse vroue in hul skrapse mini’s so dans en mens nie eens `n bietjie selluliet met `n vergrootglas raak sal sien nie. Of as die Griekse girls met hul pragtige bos hare so in die winkels in Oia rond loop is dit net glans en glier. DAN raak ek skoon jaloers… Het jy, nes ek, al ooit na vroue van ander lande en kulture gekyk en gewonder vanwaar hul natuurlike foutlose voorkoms kom? Dit moet sekerlik in die gene sit? Dalk nie. Die geheim sit eerder in die natuur!

Laat ek jou vining om die wêreld neem om uit te vind watter natuurlike bestandele die beste skoonheids geheime maak.

 

Borrie – Indië

Indiërs is bekend vir hul liefde vir speserye soos borrie in hul kos, maar het jy geweet dat dit ook `n geheime bestandeel in Indiese skoonheids roetines is? Maak jou eie gesig masker deur een teelepel organiese borrie poeier met genoeg jogurt en heuning te meng om `n dik pasta te maak. Wend aan jou gesig, nek en lyf en spoel na 15min met water af. Jy kan ook borrie en jogurt met oats meng om `n natuurlike skrop te maak.

 

See sand – Brasilië

Brasilië is bekend vir sy pragtige strande en brasiliaanse skoonhede se grootste velsorg geheime vind daar oorsprong. Dit blyk dat wanneer jy see sand aan jou vel wend jou sirkulasie sal verbeter en jou selluliet sal verminder! Ek pak sommer nou die motor Durbs toe…

 

Melk – Egipte

Egiptenare glo al dekades in melk baddens aangesien die melksuur mens se vel sag maak en die vette in die melk help om vel gesond en vogtig te maak. As dit goed genoeg was vir Cleopatra is dit goed genoeg vir my!

 

Kokosneut – Hawaii

Die vrug is nie net heerlik nie, dit is vreeslik goed vir `n mens! Inwoners van Hawaii glo dat kokosneut melk mens vernuwe van binne af terwyl die olie van die vrug as `n haar masker gebruik kan word om dit te laat groei.

 

Rys Water – China

Volgende keer wanneer jy rys kook, gebruik die water om jou gesig mee te was! Ja jy het reg gehoor. Die Chinese glo dat die water wat oorbly na mens rys gekook het vol vitamiene en nutriente is wat die olie en onsuiwerhede van die vel help verwyder. Dit verklein ook die porieë en help met aknee.

 

Eier Geel – Frankryk

Voel jou hare bietjie plat? Dié franse raad mag dalk help om `n bietjie body te skep. Maak `n mengsel van eier geel, rum en olyf olie. Wend dit aan jou hare en na `n uur kan jy dit afwas met shampoo en water.

 

Roosmaryn water – Griekeland

Hier is nog raad vir glansende, bonsende hare! Griekse godinne was hulle hare met roosmaryn water om enige ophoping van olies te verwyder. Kook vars roosmaryn in water, laat dit heeltemal afkoel en haal die roosmaryn uit. Spoel dan die water oor jou hare.

 

Tot volgende keer!

 

Bloss Voyage!

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

EDITOR: FASHION

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus and Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.