Rek jou salaris

Dis soms moeilik om ’n hele maand uit te kom met jou salaris, daarom is dit nodig om te begroot. Teen die einde van die maand is jou beursie gewoonlik leeg en jy kan nie meer saam met vriende uitgaan of saam met familie kuier nie, maar die regte ingesteldheid en ’n goeie begroting sal jou help om jou rande te rek sodat jy nie aan die einde van die maand in die knyp is nie.

Die eerste ding wat op jou lysie behoort te wees is om jou rekeninge te betaal. Dis ’n goeie idee om dadelik die noodsaaklikhede soos jou kar, huur en medies te betaal. Dit spaar jou baie tyd as jy alles eenmalig betaal en nadat jy dit betaal het, kan jy sien hoeveel geld jy vir die res van die maand tot jou beskikking gaan hê.

Hoewel kaarte en elektroniese oorbetalings baie gemaklik is, sal dit jou baie spaar as jy kontant trek en dit vir die res van die maand te gebruik. As jy die fisiese geld in jou beursie sien, sal jy twee keer dink voordat jy te veel geld spandeer omdat jy kan sien hoe dit minder raak.

Besluit elke week vooraf hoeveel geld jy gaan spandeer op verskillende uitgawes, want dit sal jou help om verder te kom met jou geld. Hoeveel kan jy eenkant sit vir kos en ander inkopies? Hoeveel gaan jy nodig hê vir sosiale geleenthede soos middagete of ’n vinnige koffie saam met ’n vriendin? Onthou ook om te begroot vir brandstof. Dit is belangrik om by die besluite wat jy neem te hou en jy moet nie jou geld onnodig spandeer nie.

Onthou om elke maand spaargeld eenkant te sit. As jy elke maand ’n paar rand kan wegsit of in ’n spaarrekening kan plaas, sal jy darem ’n vangnet hê wanneer jy een maand regtig in die knyp is.

As jy baie ernstig oor jou begroting is, kan jy gerus slimfoon-apps soos Goodbudget: Budget & Finance gratis op Google Play of Goodbudget Budget Planner: Money & Expense Tracker gratis op Apple App Store aflaai om jou te help. Dit maak nie saak of jy ’n klein of groot salaris verdien nie, jy kán daarmee uitkom in ’n maand as jy beplan, begroot en gedissiplineerd is.

Foto krediet: Favim.com, thebalance.com, Classy and fabulous

Jaco-Mari Futcher
Jaco-Mari Futcher

Business assistant

Jaco-Mari Futcher is currently completing her Honors degree in Journalism at the North-West University Potchefstroom Campus. She has been active in the media industry for the last three years and has been the writer of her blog, Papierkind, for the past five years. When she gets a chance, she likes to pull her camera closer and capture the world as she experiences it.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.