“Real food for thought”

Ek het nog altyd in ’n klein dorp gebly, waar jy almal ken, tot die mense wat jy nié wil ken nie. Ek het in Pretoria gaan BA Drama swot en my eerste verskyning op TV gemaak die dag toe ek my graad ontvang het. Ek het in 2011 dadelik weg gespring met my eerste besigheid, TA-DA! Theatre Arts and Drama Academy, waar ek besluit het ek wil ander help om hulle drome waar te maak. Kort daarna het ek ’n rol los geslaan as ‘Jessie’ in Binneland en ‘liewe’ Jessie moes die bekende Bea (Elma Postma) se kolwyntjies versier. En dis hier waar alles begin het…

Ek het die aand by die huis gekom en dadelik Checkers toe gery, dit was op daai stadium die enigste winkel wat na 19:00 nog oop was. Op pad daarheen moes ek natuurlik vir my man verduidelik dat sy vrou (die een wat nie eers kos maak nie) nou wil begin koek bak. Die lewe het ’n interessante manier om homself te ontvou. Maar daai dag, op stel, het my lewe verander. Ek het anders gekyk na kos, koek en enige iets soet. Ek het besef ek wil bak, kook en die lewe se soet en sout geniet! Dit is hoe my besigheid Steynedt Cakery begin het en vandag kan ek met tevredenheid terug kyk en net dankbaar wees dat my man nie te veel vrae gevra het oppad Checkers toe nie.

Ek is heel eerste ’n vrou (vir ’n baie handsome man), dan ’n entrepreneur, performer, en natuurlik my gunsteling; ’n kos liefhebber. Volg my blog om saam my te proe, gesels en ’n glasie te klink. Kom toets saam my nuwe resepte, vind uit waar is die beste restaurante en kom verken Suid Afrika deur my pallet.

Featured photo by Brooke Lark on Unsplash.

Danielle Steynvaardt
Danielle Steynvaardt

Editor: Food & drink

Danielle Steynvaardt is a strong business woman and entrepreneur successfully running TA-DA! Acting Training Academy and Steynedtcakery. Danielle's heart beats for food, togetherness and champagne. A motto she lives by daily is that everything she eats should not only be delicious but also worthy of an Instagram post.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.