Ramey Short… Agter die kamera

Soos jy deur die blaaie van ‘n boek sou blaai, net so, ontvou ’n storie homself opnuut en op elke bladsy, besef jy ook, daar is altyd meer aan die karakters as wat jy aanvanklik gedink het.  Net so, vertel die storie van Ramey Short, meer bekend as Dokter Quinton Meyer in Binnelanders en dan ook Kallie, in die KykNET sepie Getroud met Rugby, ’n dieper storie. Ramey maak oop oor die man agter die lens.

 

 

Ramey Short het al op ’n vroeë ouderdom besluit dat hy die drama wêreld wou aandurf. Hy het in sy droom bly glo en gewerk totdat hy selfs die geleentheid gekry het om in Hollywood gaan studeer en sedertdien kan hy in vele flieks en internasionale sepies gesien word. Vandag staan hy nie net as ’n gesoute akteur bekend nie, maar ook as ’n bekwame fotograaf met ’n oog vir fyn detail. Hy en sy meisie Loricia (wat ook ’n gekwalifiseerde goudsmid en fenomenale fotograaf is), het in 2015 in Kaapstad ontmoet en só, het hulle gou agter gekom, dat albei van hulle dieselfde passie vir fotografie deel.  Dit was nie lank daarna nie, toe het hulle besluit om saam ’n besigheid te begin.  “Dis was eintlik baie eenvoudig”, vertel Ramey,

“My meisie se naam is Loricia en myne is Ramey, so ons het net die eerste twee letters van ons name gevat en bymekaar gevoeg.  Dit is hoe LORA Photography gebore was.”

 

Agter die kamera neem Ramey graag leiding ten opsigte van hoe die stilering en die komposisie lyk op shoots. Hy vertel dat hy en Loricia gedurig saam sit om idees rond te gooi, wat dan later uitgevoer word.  Niks word aan kans oorgelaat nie.  “Ek glo dat die tipe fotografie wat ons as LORA Photography doen baie vars, modern en simplisties is.”

 

Hier is van LORA Photography se werk:

This slideshow requires JavaScript.

Vir meer oor LORA Photography en hulle fotografie, besoek gerus www.loraphotography.co.za asook hulle sosiale media platforms.

Sosiale media:

(Click op een van die links)

Facebook  |  Instagram  |  Webblad

Kontak LORA Photography:

(+27) 082 786 4077  |  Info@loraphotography.co.za

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.