#plattelandsesjarme

Wie is jý as jy in die oggend wakker word? Want die algemene persepsie is dat elke vrou soos ’n porseleinpop lyk en met haar sagte satyn-nagklere grasieus haar oggendroetine voltooi.

Wel, nie ek nie. Ek is Magdie. ’n Mamma van twee woelige seuntjies met ’n deurmekaar bolla op my kop en ’n lekker koppie koffie in die hand. In die oggende lag ons drie baie, jaag mekaar rond en terwyl ek aantrek, trek ek hulle ook aan. Gooi pap in en sorteer die tasse vir skool uit. ek grimeer, kies skoene, sing “Superman” saam met hulle en Eden, terwyl ek tussendeur alles aan werk dink en opgewonde voel oor hoe Bloss groei. Dit is wie èk is en hoe my dag begin… nie perfek of grasieus nie. Maar deurmekaar en woelig soos enige normale vrou sin en ek love dit!

Een van die lekkerste dinge in my leeftyd, is om ’n mamma te wees. Ek het onlangs in ’n besigheidsonderhoud gesit met 5 ouer mans en die een het gevra: “Magdie, wat definieer jou?”. My antwoord was kort en kragtig: “Geen materialistiese goed kan my definieer nie, maar die feit dat ek presies weet wie ek is en waarheen ek op pad is. Dít is wat my definieer.” Nadat ek geantwoord het, het dit my eintlik vir die eerste keer getref hoe baie vroue hul identiteit in materialisme of besitting sit. Die plek waar jy bly, die kar wat jy ry, jou posisie by die werk of die man met wie jy getroud is.

Nadat ek die tydskrif, Bella, in 2013 gelaunch het, het ek na ’n jaar besluit om die boek vir eers toe te maak. Ek moes eers leer dat my identiteit nie in Bella lê nie en dat ek nie ’n failure is omdat ek dit toegemaak het nie. Bella is slegs ’n produk van my, Magdie Raats, en om dit eers opsy te skuif was ’n keuse, ’n goeie besigheidsbesluit.

Dit het harde werk gekos om my identiteit te vestig en om myself weer te vind. Ek moes sterk word en moes baie foute maak sodat ek daaruit kon leer, sodat ek kon opstaan en ’n groter produk kon launch. Want die produk is net so sterk soos die visonary, en hierdie keer is ek hier om te bly met ’n soliede en sterk visie vir BLOSS.

Dit is maklik om agter jou posbeskrywing en in jou werk weg te kruip en om net die besigheid en brand vir wie jy werk te bemark. Maar vat daardie brand weg, wie is jy dan? Baie min mense kan hulself bemark en hier is dit waar ek my hoed afhaalhaal vir die celebs en sangers in ons land. Dit vat baie guts om jouself te bemark, omdat jy jouself blootstel aan opinies en baie van ons sukkel met verwerping en aanvaarding. Dit is een ding om by ’n plek in te stap as die Besturende Redakteur van BLOSS, maar dit is ’n heeltemal ander ding om by dieselfde plek in te stap in jou eie kapasiteit en om jouself bloot te stel.

Vat hierdie koel seisoen en gaan doen selfondersoek. Vind uit wie jy is en waarheen jy op pad is. Dit is nie altyd lekker om te krap en dieper te delf nie, want dit maak ou wonde oop of trigger emosies wat jy gedink het, jy al ankal verwerk het. En dit is ok. Hoe meer jy al daardie dinge hanteer, hoe meer leer jy jouself ken en hoe meer vestig jy jouself.

Hierdie uitgawe lê baie na aan my hart, omdat ek self op ’n klein dorpie in die Vrystaat groot geword het. Ek kom van Heilbron. ’n Plek met wonderlike herrinneringe van my kinderdae, waar ons op die plaas gespeel het, kattekwaad aangejaag het, gebraai het en gesokkie het.

Ek kom van Heilbron. ’n Plek met wonderlike herrinneringe van my kinderdae

Ek wil graag hierdie uitgawe opdra aan almal in Heilbron wat ’n rol gespeel het in my lewe tot wie ek vandag is. Ek is trots op waar ek vandaan kom en glo met my hele hart dat my grootwordjare die fondasie kon lê tot wat ek vandag kon bereik. So, #cheers op Heilbron en die Vrystaat.

Ek het so gelag met hierdie cover shoot en sal hierdie oomblik altyd onthou. Hoe meer ek vir Bouwer vra om agtertoe te staan, hoe meer begin die span lag vir sy gesig – todat hy op ‘n stadium vra: Magdie, het jy grootgeword op ‘n plaas?! Ek het hier besef watter voorreg dit is om die reuk te ken voordat dit begin reën. Te weet hoe plaasmodder onder jou voete voel. Self hoendereiers te kon gaan uithaal en vars melk te kan drink net nadat die koeie gemelk is. En hoe flippen stunning lyk Bouwer nie in hierdie Willet Couture baadjie nie?! #loveit
Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.