Penguin Films Maak Ons Trots!

Dit is altyd so lekker om te hoor as die “industrie” gons oor iets wat behoorlik gewig dra! Penguin Films Maak naam met hulle kuns in film maak… 

Volgens ‘n persverklaring:  

Die bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, en sy sustersmaatskappy, Paw Paw Films, het pas veertien benoemings opgeraap vir die twaalfde jaarlikse Suid-Afrikaanse Fliek- en Televisietoekennings (SAFTAs)!

Roberta Durrant en Mandilakhe Yengo, die gesoute regisseurs en kreatiewe vervaardigers van die maatskappy, is in hulle noppies met hierdie nominasies en is dankbaar vir die wonderlike akteurs en filmspanne saam met wie hulle aan hierdie projekte kon werk en wens hulle sterkte toe vir die toekenningsgeleentheid.

Die tweede seisoen van hulle gewilde telenovela, Ring of Lies, is in vyf kategorieë benoem, wat insluit:

  • Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Telenovela:Komponis, Ngane Sikobi;
  • Beste Prestasie vir Na-produksie in ’n Telenovela:Na-produksiespan, Stash Couvaras, Maryke Kruger, Talya Jay Kahan, Ambonga Mfundisi en Tanya von Abo;
  • Beste Prestasie vir Kinematografie in ’n Telenovela:Fotoregisseurs – Ntobeko Dlamini en Marc Brower;
  • Beste Akteur in ’n Telenovela:Mpho Sebeng; en
  • Gewildste Telenovela volgens die Publiek.

Plaaslike lokettreffer, Krotoa, het met nie minder as drie benoemings weggestap nie, waaronder:

  • Beste Aktrise in ’n Speelfilm: Crystal-Donna Roberts;
  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm: Roeline Daneel; en
  • Beste Prestasie vir Kostuumontwerp in ’n Speelfilm: Emma Moss.

Drie van hulle gewilde televisiereekse, Isikizi 2Z’Bondiwe 3 en Sara se Geheim 1, is ook met vyf benoemings vereer.

 

Isikizi 2:

  • Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Televisiedrama:

Komponis, Murray Anderson en Sanger, Phila Madlingozi; asook

  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama:Tina Jaxa.

Z’Bondiwe 3:

  • Beste Aktrise in ’n Televisiedrama:Zola Nombona; en
  • Beste Prestasie vir Grimering en Haarstilering in ’n Televisiedrama:

Hoof van Hare en Grimering, Ellaine Ngubeni.

Sara se Geheim 1:

  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama:Quanita Adams

Die wenner van laasjaar (2017) se SAFTA vir Beste KinderprogramDisney Cookabout, wat deur Penguin Films en Disney VK vervaardig is, is weer in dieselfde afdeling benoem. Dit is ook vanjaar genomineer vir ’n Internasionale Kinder Emmy-toekenning.

Die amptelike SAFTA-toekenningseremonie vind, oor ’n tydperk van drie dae, by Suin City plaas vanaf 22 tot 24 Maart 2018.

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.