Paris Dag 1 – Travel & Treine

Ok… So om te begin, slaap was moeilik, veral met my hoggel “model” figuur soos myne en ‘n medepassasier wat feitlik van die begin af op my skoot gesit het! Hy het gedurende die nag gedink hy lê homsef neer op ‘n King-size bed, so strek dié homself uit soos n waterlelie wat son soek. En net daar, vir die eerste keer in my lewe weet ek hoe daai kinderstorie se “boontjie-bed” slaap aksie voel.

By die lughawe aangekom besef ek gou… die plek is groot, so groot hulle verstaan nie eers engels nie. #mindblown. Die plek laat ons eie OR Tambo lyk asof hy ‘n maer seun is wat jy graag net ‘n ou stukkie brood wil voer! Net om vir jou ‘n beskrywing te gee van hoe enorm die plek is; ek moes ‘n Trein affere neem om van een terminaal na die ander te kom. Kyk, ek besef, een ding wat ek baie goed kan doen, is om vir myself te lag. Ek dink dit is ‘n daaglikse aksie. Ek het gedink dit sal lekker wees om te loop soek na ‘n plekkie waar ek vir Hannelie kan sit en wag.

Needless to say… ek moes maar eerder ‘n trein gevat het. Dit was n spesiale tipe loop. Maar gelukkig vir my, maak ek toe weer al die gewigs-verlies op met ‘n wel verdiende McDonnalds burger… Ek dink nie ek of die vrou agter die counter weet wat ek bestel het nie, maar dit proe soos ‘n BigMac, so ek is gelukkig. En nou vir die 7 uur wag…

Daar is baie wat jy in 7 ure kan doen… as jy die spasie het bygesê. Ha ha. Ek het my verstom aan die hoeveelheid mense op die lughawe. Duisende mense loop verby jou. Elkeen sy eie mens. Ek staan vir ‘n oomblik stil net om dié mensdom in te neem.

Daar is n seuntjie wat op sy tas verby my ry asof hy ‘n rodio koning is. So baie mense loop sonder om oog kontak te maak. Daar is ‘n vrou op haar foon wat sopas slegte nuus gekry het. Ek sien hoe sy haar hand na haar mond vat en haar oë vol trane word. Ter selfde tyd hardloop daar twee tieners verby wat laat is. Hulle lag uit hul mae uit vir een of ander grap wat net die twee deel. Dit is net hier wat ek besef hoe verskillend elke persoon se paadjie is. Ons elkeen mag dalk op dieselfde journey wees, genaamd “Die Lewe”, maar nie almal van ons is in dieselfde seisoen of bootjie nie. Elke persoon se lewe is so uniek en die kans om gelukkig en hartseer te voel is ewe veel vir almal. Ek vra myself die vraag: “Lewe jy REGTIG voluit?”

Deur die lughawe is daar is oral klaviere waarop mense kan sit en speel soos dit hul pas. Ek het vir myself ‘n stoel gaan kry naby die klavier en naby ‘n charger waar ek my foon kan herlaai. Ek het vir my ‘n boek gekoop op die lughawe en 200 bladsye daarvan gelees. Ek is nogals trots op myself!

Hannelie het na ‘n sewe-dag-te-perd rit aangekom en ons het besef ons moet seker op een of ander manier in Parys se hoofstad uitkom. ‘n Paar treine is die antwoord op elke sin wat “travel” bevat in Europa. Laat ek vir jou sê: wanneer hulle sê jy mag twee bagasie tasse en twee handbagasie sakke saambring, is dit basies ‘n voorstel en nie ‘n moet nie. Jy moet dus wel dink aan die hoeveelheid kilometers wat jy saam met hulle gaan travel. Ha ha. Met ‘n skok het ons besef dat die treine se deure so vinnig toe gaan soos wat hulle oop gaan. Kyk, ‘n trein ry met of sonder jou. Te danke aan ‘n paar vriendelike siele wat ons so hier en daar gehelp het, het ons veilig by die Royal Mansart Hotel aangekom met al ons bagasie. En wat ‘n asemrowende view…

“Wat?!” Dink ek, “Ons bly soos reg langs die Moulin Rouge”, en soos ek dit sê voel ek die excitement in my op borrel. Ek dink dit was omdat ek die film maar net nog ‘n paar duisend keer gekyk het. Tasse by die hotel en warm aangetrek, is ons die strate in om ‘n bietjie verfwerk van ons eie te doen.

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.