Ontmoet ons trouredakteur

Ek is Jean Prieur du Plessis, trouredakteur vir BLOSS tydskrif, en die Algemene Bestuurder van die mees eksklusiewe trou-venue in die Vaal Driehoek, Duck Point. Danksy my eksplosiewe passie vir events, gekombineer met harde werk, leef ek vandag my droom uit – om elke geleentheid te omskep in iets onvergeetliks!

Al van skooljare af het die adrenalien van event beplanning deur my are gepomp.

As ʼn juffrou verjaar het of daar ʼn konsert beplan moes word, het ek dadelik ingespring en werk gemaak daarvan.

My events loopbaan het afgeskop toe ek in Engeland gaan studeer het en vir die Signature-hotelgroep in Warwickshire begin werk het. Kort na my terugkeer na sonnige Suid-Afrika, het ek by die Tsogo Sun-groep aangesluit en in dié hotelreus se events afdeling begin werk. My passie het gegroei en ambisie het op sy hakke gevolg, en kort voor lank het ek die groot sprong na Algemene Bestuurder van Duck Point gemaak.

Wanneer mense my vra wat die beste deel van my werk is, antwoord ek sonder om te twyfel: my liefde vir troues. Nie almal het die geleentheid om so ʼn belangrike rol te speel in ʼn paartjie se liefdesverhaal nie. Ek is elke dag nog opgewonde en dankbaar daarvoor.

Verskeie industrie-guru’s gaan hiér koppe bymekaar sit om vir ons lesers die varsste trends en raad te gee. Dit is vir my ʼn groot voorreg om deel te wees van die Bloss span en te kan help bou aan die Bloss droom.

Photo by Tom Pumford on Unsplash.

Jean Prieur du Plessis
Jean Prieur du Plessis

Editor: Weddings

Jean Prieur du Plessis is the manager at the exclusive Duck Point wedding venue and a leading figure in the wedding industry. Jean Prieur completed his studies in England and worked for the Signature group, but returned to his South African roots in 2007 and became actively involved with the Tsogo Sun group.

1 Comment
  1. Hai

    Hoop dit gaan goed.

    Enige voorstelle vir ‘n royal blue en burgundy troue gekombineer met hout en charcoal.
    Die venue self het ‘n badge vibe met stoele, maar benodig idees om my kleurskema daarby te laat werk.

    My blomme is eintlik al wat burgundy is en my kleure is royal blue en charcoal met silwer (waar ek eintlik weet goud sal beter pas, maar verkies silwer) maar my idees met tafel versierings kom nie lekker bymekaar nie.

    Ons hou tog van ‘n meer formele vibe maar nie styf nie, en iets wat baie uniek is en nog nie eintlik gesien of gebruik is nie.

    Indien jy enige raad het sal ek dit baie waardeer:)

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.