Ons Transformasie Inspirasie

Kallas Eksteen. Foto Krediet: Rob Cilliers – MensHealth, Sean Laurenz

Kallas Eksteen se Vrystaatse wortels lê diep, maar die nederige fiksheid model en bourekenaar was al sedert 2016 op 11 internasionale tydskrif voorblaaie.

Vertel ons meer van jouself?

Ek sien myself as die Christelike atleet wat hoogtes bereik het met die krag van God tot eer van Sy naam. Ek is ‘n doodgewone plaasseun en groot geword op ‘n plaas Ehrenbreitstein in die dorpie Clocolan. Ek is geseën met wonderlike ouers wat my met alles ondersteun het en my geleer het van gentleman wees, geloof en om sukses te bereik sonder om hoogmoedig te raak. My ouers, familie en vriende het ‘n baie groot rol gespeel in die persoon wat ek vandag is.

Ek is deur Pokkeljors Kleuterskool en Clocolan Laerskool waar ek in graad 8 na die groot stad Bloemfontein is om my Hoërskool loopbaan by Grey Kollege in 2007 te voltooi. Ek was van ‘n jong ouderdom baie lief vir sport waar ek Rugby en Atletiek deur my skool loopbaan gedoen het.

Ek het in 2011 my Honneurs graad in B.A. Sportwetenskap voltooi en in 2014 my Honneurs in B.S.C. Bourekenaar voltooi. Ek het ook vir die Irawas en Shimlas (1ste & 2de rugby span van die UFS) uitgedraf. Ek het my knie ligament in 2011 geskeur en so my tokse opgehang. November 2014 het ek Johannesburg toe getrek vir beter uitdagings ten opsigte van werk en my persoonlike lewe. Ek bly en werk tans in Johannesburg by Renico Group. Ek geniet my vrye tyd saam my vriende, familie en Yuta as ek nie oefen of werk nie.

Waar het jou loopbaan as fiksheidmodel begin?

25 Desember 2014 het ek vir my gesin gesê dat een van my doelwitte is om op die voorblad van die tydskrif MensHealth te verskyn. Die harde werk het amptelik begin. Augustus 2015 het ek vir die “MensHealth Cover Guy” kompetisie ingeskryf waar ek nie die top 12 in November gehaal het nie. Vir ‘n oomblik was my moed in my skoene, maar ek het geweet dat ek die geleentheid sou kry en indien dit kans sou verby kom, moet ek reg wees omdat jy net die een kans sal kry. Jesaja 43:18-19 het my inspireer om aan hou te werk en geloof te hê in die proses. In Februarie 2016 het ek ‘n oproep ontvang van Rob Cilliers (Kreatiewe Redakteur van MH) waar hy my gevra het of ek reg is om oor 2 weke in die Kaap te wees vir ‘n fotosessie. Ek het geskree van dankbaarheid en opwindenheid. As gevolg van my daaglikse oefen roetine en gesonde leefstyl was ek konstant in ‘n goeie kondisie. Ek was reg vir die geleentheid.

Kallas Eksteen. Foto Krediet: Rob Cilliers – MensHealth, Sean Laurenz

Waar het jou passie vir fiksheid begin of is jy nog altyd lief vir sport?

Sport en oefen was nog altyd in my bloed. Dit was en is nogsteeds my passie om aktief te wees. Rugby was ‘n sport waarvoor ek baie lief was, waar ek besef het dis tyd om aan te beweeg. Enige iets van Gholf, draf, visvang of in die natuur stap is vir my lekker! Ek geniet dit om saam my vriende te oefen en aktief te wees.

Hulle sê dit is die klein aksies wat jy daagliks doen wat jou help om jou fiksheid of goeie liggaamsbou te behou, wat is jou daaglikse roetine?

Dit is so belangrik om te oefen. Nie net om ‘n goeie liggaamsbou te ontwikkel nie, maar ook vir jou gesondheid. Oefen met die gedagte in jou kop dat jy net een liggaam het en dis die mees waardevolle geskenk waarna jy moet kyk.

My dag bestaan uit 2x oefensessies. Die oggend sal ek kardiovaskulere en HIIT oefeninge doen gepaard met “core” oefeninge. Die aand sal ek fokus op ‘n spesifieke spier groep met weerstand oefeninge. Daar sal ‘n dag wees wat ek rus om die liggaam helemaal te laat rus. ‘n Gesonde dieet loop hand aan hand met oefen. Jy gaan nie die resultate kry wat jy moet indien jy nie ‘n gesonde dieet volg nie.

Hoe handaaf jy die balans tussen ’n besige en gesonde leefstyl?

Daar is altyd tyd vir oefen. Wat jou keuse om te oefen beinvloed is die wil wat jy het om jou doel te bereik. Ek werk meeste van die tyd lang ure, maar ek weet hoe goed die oefen my doen so ek maak tyd vir dit. Saam met die werk en oefen moet mens ook tyd maak vir jou vriende, familie en verhoudings. Daar is verskeie studies gedoen deur hoe oefen jou verhoudings met mense positief beinvloed. As ek lus is vir ‘n pizza dan sal ek dit eet, ek is nie so streng op myself nie, ek geniet die lewe soos enige iemand anders. My resep vir sukses is net deur konstant reg te eet en te oefen.

Enige raad aan ons lesers vir inspirasie?

Jy is die argitek van jou eie liggaam. Gebruik die masjien wat jy het tot die beste van jou vermoë. Met harde werk en geloof kan jy enige iets bereik as jy jou kop op dit sit. Ek is teen anaboliese middels en weet dat jy jou doel kan bereik sonder dit. Hou moed en hou aan vertrou in die proses om te oefen en gesond te leef, die resultate sal dan vanself kom. Sodra die resultate wys sal jy meer gemotiveerd wees!

Ons is nie hier om perfek te wees nie, maar om eerder te streef om die beste te wees in die gawe wat jy gekry het. In alle opsigte van die lewe het jy as person die gawe gekry om keuses te maak. Die keuse wat jy vandag maak bepaal jou volgende dag, of dit werk is, jou verhouding of jou geloof. Dit bly JOU keuse.

Gaan volg gerus vir Kallas op sosiale media, en hou hierdie talentvolle model dop.  Ons hier by BLOSS glo dat hy net nog hoër hoogtes gaan bereik.

Instagram: @kallaseksteen_fit

Facebook: Kallas Eksteen

 

Amorie Pearson
Amorie Pearson

Editor: Sport

Amorie Pearson is an entrepreneur in her own right and is the owner of Amorie Arts, a photography platform. She is comfortable in front and behind the camera and is both a professional photographer and a model. Her active lifestyle makes her the perfect brand ambassador for Trifocus Fitness Academy and Mirror Mirror Studio.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.