Ons gesels met…Tailor

Tailor

Tailor, sanger/komponis met ‘n uiteenlopende stem wat jou meer wil laat hoor!

Tailor is ‘n krag waarmee gereken kan word. Haar stem sal jou deur ‘n emosionele, maar opwindende reis neem en inspireer.

Tailor is bekend vir haar energie op die verhoog en het al begin sing van ‘n vroeë ouderdom.

Met twee 2013 SAMA-nominasies agter haar debuutalbum The Dark Horse, ‘n SAMA-nominasie agter haar tweede album Light, en ‘n 2017 SAMA-nominasie vir haar jongste album, TrustPt.1, is Tailor se reis niks anders as ‘n prestasie nie.

Sy het al saam met verskeie kunstenaars gewerk soos; die legendariese liedjieskrywer en voormalige hoofsanger van die multi platinum rockgroep Live, Ed Kowalczyk, op sy liedjie “Angels on a Razor” van sy album The Flood and The Mercy, asook Locnville, Nakhane Toure, The Muffinz , Yoav om ‘n paar te noem.

 

Sy het ook die verhoog gedeel met KONGOS, Locnville, Matthew Mole, Cat Power, Goldfish, Yoav, Johnny Clegg, Prime Circle en nog vele meer.

 

In 2015 is haar liedjie “Shaped like a Gun” van haar bekroonde album The Dark Horse gebruik op seisoen 12 van Amerikaanse TV-trefferskou “So You Think You Can Dance” met ‘n dans gechoreografeer deur Travis Wall, hierdie jaar sien “Wolf” verskyn op seisoen 13.

In 2017 het sy geopen vir Johnny Clegg op sy finale reis toer in Johannesburg, Kaapstad en Londen. Sy het haar derde single vrygestel, Avalanche.

Wat doen Tailor nou:
Sy reis tans Londen en bevorder haar derde album Trust part1. Sy is gedurig op die pad en het sopas haar SA-toer gehad in April en Mei.

2018 gaan ‘n besige en massiewe jaar wees vir Tailor!

 

Tailor, ‘n vrou wat ons beslis gaan dop hou!

Volg haar op Facebook en Instagram

Natasha Muller
Natasha Muller

Editor: Social Media

Natasha Muller is a Social Media expert and director of her own company NMS Marketing. She has worked for various fashion and lifestyle brands in South Africa over the last four years and prior to that she worked in the property industry as Personal and Legal Assistant. Natasha is proudly South African and ideals big dreams for our country.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.