Ons gesels met Steve Hofmeyr oor sy nuwe CD

Deur Jessica Pieters – BLOSS Tydskrif Ambassadeur

Die afwagting is altyd groot as jy iemand bekend gaan ontmoed.  So, vir my was dit glad nie anders nie.  Opgewonde en met ‘n senuweeagtige glimlag op my gesig, stap Steve Hofmeyr by die “boardroom” in.  Hy glimlag van oor tot oor en mens kan wragies sy stem herken van ‘n myl af as jou oë toe was.  Ek stel myself voor en ons praat oor sy nuwe CD, politiek, kinders, Demi Lee Moore en dinge van die lewe.

Dit was so lekker om te hoor dat Steve sal country musiek maak tot die dag van sy dood. Vir hom is dit van die maklikste musiek om te maak, omdat die Afrikaner volk met dit groot word. Sy lysie van country treffers en selfs ‘n paar onbekende liedjies wat hy nog wil doen is ongeveer 3 bladsye lank en hy is opgewonde vir elke country CD wat nog moet uitkom na COUNTRY COLLECTION VOL 1.  Daar is lekker dinge wat voorlê op die horison en mens kan sy lus vir sy toer aanvoel as hy daaroor praat.

Foto:- V.l.n.r. Leonie (FAK Flink Tydskrif), Jacques Coetzee (SA Celebrity Tweets), Jessica Pieters (Bloss), Judean Jansen Van Rensburg (wenner), Hettie Smit (wenner), Steve Hofnyer, Janette & Corrie Jacobs (wenners), Marius Vermaak (Maroela Media)

Ons almal ken Steve as iemand wat die reëls buig en dis nie ‘n verrasing dat hy 4 liedjies op sy country album het wat glad nie country musiek is nie.

Sy twee redes hiervoor is… Want hy kan en die nuwe album se liedjies moet dood eenvoudig op ‘n konsert gesing kan word.  In sy woord… “as ‘n sanger te veel ballades na mekaar sing verloor jy die gehoor se aandag”.  Dit is hoekom Steve liedjies soos “Dancing in the dark” van Bruce Springsteen gevat het (wat glad nie country is nie) en dit sy eie country styl gegee het.

Jessica:  Hoe pas die CD wat jy nou gedoen het by jou lewe in?                                              Steve:  Ek raak ouer en hoef nie meer te kompeteer met die jong-klomp en elke jaar ‘n nuwe liedjie te hê wat nommer een is nie.  Ek hoef nie meer te baklei en daai druk op my te hê nie.  Kyk wat het ek gemis hierdie afgelope klomp jaar.  Om ‘n kind te hê op 53, 54, dis bietjie laat (glimlag hy).  Ek dink nie my bene en my kniee gaan dit hou nie want ek hardloop rond by die huis soos ‘n mal mens.  Ek skryf nie eers meer liedjies nie, ek sit nie meer en lees soos ek altyd “gebrag” het ek doen nie.  Eks onder die doring boom besig om te speel met my dogtertjie.  Solank ek so af en toe n SKREE CD kan maak wat 100% oorspronklik is en so af en toe my veldtogte kan uitblaker van die verhoog af pas dit baie goed by my.

Jessica: As jy gestrand was op ‘n eiland en jy kon net een van jou eie liedjies saam vat, watter liedjie sou dit wees?                                                                                                      Steve:  Die Blou Bul.  Ek dink die Blou Bul sal my nogals vêr vat op ‘n eiland.  Dit sal my dalk moontlik motiveer.

Jessica:  Het jy enige planne vir die feestyd?                                                                        Steve:  Ongelukkig nie, ons feestyd is so bietjie op sy kop as jy ‘n kunstenaar is.  Hierdie jaar is ek op toer. Maar ek probeer darm so by die 24ste Desember alles te stop, dan kry ek my familie by die see.

Jessica:  Beskryf jou nuwe CD in een word?                                                                                  Steve:  Nostalgies.

Steve is beslis nie blind vir sy foute nie en het gedurig grappies gemaak oor sy politieke siening en die ongewone media lig wat al ewig op hom skyn vir al die verkeerde redes.  Maar een ding is seker… Hy is erg passievol oor sy volk en sy land, en hy wil sien hoe ons vorentoe beweeg as ‘n nasie.  Musiek is sy lewe en hy het altyd ‘n sprankel in sy oog as hy oor sy vrou en dogtertjie praat.  Sy toer begin op 8 Desember en hy gooi n paar SKREE liedjies saam by sy COUNTRY COLLECTION toer in.  Sy CD sal op die rakke wees vanaf 23 November 2018.

Bespreekings vir Steve kan gedoen word by Leeza Mulder op 082 727 3218  l  leeza@stevehofmyer.co.za

Steve Hofmyer  Leeza Mulder   Inkhaus UNIVERSAL In Afrikaans  Afrikaans is Groot

Trudi Stander
Trudi Stander

Brand Ambassador Development Manager

Trudi Stander, the head of our BLOSS Brand ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.