Ons gesels met Jenna Clifford

Wie is Jenna Clifford en wat weet mense nie van die pragtige kunstenaar nie?

Ek is die stigter, direkteur en ontwerper van Jenna Clifford Designs. Ek het ’n goeie sin vir humor en ek sal jou dadelik vertel dat ek ’n kunstenaar is en nie ’n moeilike sakevrou nie. Glo dit of nie maar ek woon op ’n plaas in Mpumalanga met donkies, kalkoene, perde, poue, eende en ganse.

 

Wat maak juweliersware van Jenna Clifford ’n bespoke item en anders?

Ons erfstukke en verloofringe is ikoniese skeppings wat vir ’n leeftyd bewaar word. Elke skepping verteenwoordig die handelsmerk se hoeksteenwaardes van liefde, skoonheid, passie en waarheid. Elke kliënt is deel van die intieme reis om ’n pragtige erfstuk te vorm en dit maak elke item meer spesiaal.

 

Hoe kies mens die perfekte verloofring?

My wenke vir die man om die perfekte verloofring vir sy toekomstige vrou te kies is 1) Wat is haar persoonlike styl? 2) Watter soort juweliersware dra sy? Hou sy van iets eenvoudig of uitspattig?  3) Wat is jou begroting? Dit gaan die grootse invloed hê. 4) Die vorm van haar hande. Nie alle ringe pas op alle tipe hand vorme nie. 5) Die groote. As die ring te groot of te klein is dit nie ’n probleem nie want ons kan dit verstel.

 

Wat is volgende vir die Jenna Clifford handelsmerk en is daar nuwe versamelings wat uitkom?

Ons het beslis ’n paar verrassings up our sleeves soos byvoorbeeld die uitbreiding van die Jenna Clifford In Your Home versameling wat insluit elegante huisware items, glase, borde, eetgerei en vlekvrye staal items.

 

Watse advise sal jy aan ons jong dame lesers gee as dit kom by drome volg en om jou sukses na te volg?

Readers are leaders! Moet nooit ophou lees en jouself opvoed nie. My gunsteling gedig is A Return to Love deur Marianne Williamson, en dit is iets wat elke vrou ter harte moet neem. Uittreksel uit gedig – “Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure”

Bloss Groete

Johan

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.