#onbeskaamd, rou & real

In hierdie uitgawe vier ons alles wat onbeskaamd, rou en real is – nie net omdat dit ’n onmiskenbare skoonheid inhou nie, maar ook omdat dit ’n rustigheid in elkeen van ons bring sodra jy jouself ken en uitgesort het. Om onbeskaamd te wees, is nie noodwendig om op te staan en uit jou comfort zone te spring nie, maar om ook te besef wat die woord “skaam” beteken en dit na beide kante toe te embrace. Dit bly lekker om te bloos van verlief-wees of vir ʼn mooi kompliment. Die rou skoonheid van liefde.

Hierdie maand verteenwoordig ook die oorgang van somer na herfs, ’n snaakse stukkie seisoen wat my altyd onkant vang! Mens is nog opgewonde oor wat die nuwe jaar inhou, dan is dit al April! Nes die rouheid van ons land met sy skoonheid, laat April en sy oorgangsseisoen my verlang na mense wat ek nie ken nie. Dit laat dat mens dagdroom sonder dat jy daarvoor vra.

So hoor ek onlangs weer Sarah Theron se liedjie, Briefie vir Madiba, en besef meteens dit is ’n April-liedjie. Dit is met soveel opregtheid geskryf en waarsku dat die lewe eintlik baie kort is en ek besef dat ek meer vir die mense waarvoor ek lief is, moet sê hoe ek voel. Maar ook dat daar mense is vir wie ek moet sê “ek is jammer”, of “dis ok” (dis soms al wat iemand nodig het om te hoor sodat hulle met hul lewens kan aangaan). Dan is daar “ek vergewe jou”. Dit is seker een van die moeilikste dinge om te sê én te bedoel!

Gaan maak hierdie maand reg as iets jou pla en daag jouself uit. Skryf ’n brief (of e-pos) aan iemand wat jy nog altyd wou ontmoet, die persoon saam met wie jy die graagste wil gaan koffie drink of ’n dag wil spandeer. Selfs iemand by wie jy graag iets wil leer, na wie jy opkyk, ʼn hero. Ek self het onlangs die voorreg gehad om weer iemand in die media te kon ontmoet na wie ek baie opkyk.

“Gaan maak hierdie maand reg as iets jou pla en daag jouself uit.”

Maar my lysie is nog nie uitgeput nie – ek sal graag ’n glasie wyn saam met Charlize Theron wil drink en ʼn dag op stel saam met Grainne Seioge in Ierland wil deurbring waar sy nuus lees op CNN of ’n internasionale TV-program aanbied. Ek glo dat jy jouself moet challenge om te bly groei, maar dit gesê, altyd real te bly in wie jy is en waar jy vandaan kom.

Ek is opgewonde oor die groei wat vir my voorlê en voel dis tyd om terug te klim in die besigheid self. Ek wil nog soveel meer leer en BLOSS na die volgende vlak groei vir elkeen van julle. Met mediese pakkette, versekering opsies, property portfolios en deals wat ek reeds in plek begin sit het vir jong vroue. Alles net vir hierdie mark. Vir ons. Die nuwe generasie en die leiers van more.

Ek gaan hierdie maand nie afsluit met ʼn totsiens nie, maar eerder… welkom. Welkom by die nuwe fase van my lewe. Ek kan nie wag om vir julle daarvan te vertel in die volgende uitgawe nie.

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.