Nuwe mediese kamera kan deur die liggaam sien

Hierdie toestel is ontwerp om dokters te help om mediese gereedskap naamlik Endoskope, binne die liggaam te volg. Foto: GettyImages

Wetenskaplikes in die Verenigde Koninkryk het ‘n nuwe mediese kamera ontwerp wat deur jou liggaam kan sien. Die toestel is ontwerp om dokters te help om mediese gereedskap, bekend as endoskope, tydens interne ondersoeke te volg. Endoskope word gebruik om dinge soos die spysverteringstelsel of respiratoriese kanaal te ondersoek.

Die nuwe kamera werk deur die opsporing van ligbronne binne die liggaam, soos byvoorbeeld die verligte punt van ‘n endoskoop se lang, buigsame buis. Tot nou toe moes medici op X-strale en ander duur skanderings staatmaak om die ligging / vordering te bepaal.

Professor Kev Dhaliwal van die Universiteit van Edinburgh het gesê die tegnologie het ‘n enorme potensiaal in die mediese veld: “Hierdie toestel is noodsaaklik vir baie toepassings in gesondheidsorg en dit is ‘n groot stap in terme van minimale indringende benaderings tot die behandeling van siektes.”

Die Universieteit van Edinburgh het saam met Heriot-Watt Universiteit gewerk aan die projek, wat die ontwikkeling van nuwe tegnologie vir die diagnose en behandeling van longsiektes ondersoek.

Jaco Gerrits
Jaco Gerrits

Editor: Technology

Jaco Gerrits, one of South Africa's most innovative technology entrepreneurs, is a former Top Technology Entrepreneur Africa Award winner. He has further also been the winner of "The Venture" South Africa, where he represented the country in New York during a worldwide search for the best social entrepreneurs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.