‘n APP vir Aardklop

Hierdie jaar hou Aardklop glad nie terug nie.

Hierdie jaar hoef jy nie net sommige van jou gunsteling kunstenaars en koskenners te ontmoet nie, maar jy kan sommer hulle ALMAL ontmoet met Aardklop se nuwe APP!

Op hierdie app kan jy die feeskalender dophou, kaartjies bespreek en so ook sien wanneer jou vertonings oorvleul.

Weg is die dae waar jy eers by die teater se deur agterkom, dat jy te laat is vir die vertoning.

Hierdie spesiaal ontwikkelde app is interaktief en jy kan dit aflaai op enige Apple of Android selfoon.

Hier is hoe jy dit kan aflaai:

Stap 1: Gaan na die App Store of Google Play op jou Apple of Android selfoon.

Stap 2: Tik die woord “Aardklop” in.

Stap 3: Laai die app VERNIET af.

Stap 4: Skep ‘n profiel (tik jou naam, selfoon nommer en epos adres in).

Stap 5: Tik die unieke pin in wat so pas aan jou gestuur is en registreer.

Stap 6: En geniet die feesprogram! Onthou net om geld oor te los in jou bankrekening vir die stalletjies (my swakpunt is natuurlik die mini-doughnut stalletjie). Pssst… die app wys jou selfs waar om jou gunsteling stalletjies te vind!

Dis letterlik so maklik soos ‘n 6-stap plan!!

BLOSS sit met opgewondenheid op die punt van ons stoel vir hierdie fees en gaan Potchefstroom se strate sommer al die kleure van die reënboog verf. Sien jou by Aardklop vanaf 2 tot 7 Oktober.

Waarvoor wag jy? Kom fees jóú plek vol en laai nóú die app af!

Foto: Photo by Anthony DELANOIX on Unsplash en Photo by Aranxa Esteve on Unsplash
Carla Roets
Carla Roets

EDITOR: TECHNO

Carla Roets is currently busy with her final year of articles. Not only is she almost a chartered accountant, but she also likes to write and be creative. This gadget- girl is a go-getter with a passion for life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.