Modern Farmstyle

Geïnspireer deur die argitektuur van ‘n klasieke plaashuis met ‘n sink spits dak, groot vensters en ‘n gerieflike onderdak stoep vir ruimtelike buitespasie. Oop hout dakkappe, staldeure wat oopskuif en natuurlik spierwit binne mure. ‘n Herhindering van die plattelandse sjiek wat gerieflikheid skep en verwelkomend voel. Kontemporêre argitektoniese beginsels, minimalisme met eenvoudige lyne en die moderne effek van alluminium vensters. Afgewerk met plastercrete buitemure en ‘n paar industriële elemente wat die hedendaagse trends vertoon.
Erf 180, Summerplace estate in Bronkhorstbaai is die eksklusiewe kombinasie van van oud en nuut. ‘n Ontwerp styl bekend as industriële, kontemporêre of moderne plaasstyl argitektuur.
Die toekomstige ontwikkeling is my nuutste projek as argitektoniese ontwerper en interesant genoeg ons eie huisie by die dam. Alhoewel dit nie die enigste voorbeeld van sy soort is nie, loer gerus onderaan vir meer huise in die soortgeluke styl.

“Modern farmstyle” is herkenbaar vir sy funsionaliteit en praktiese binnehuis ontwerp, ‘n oop vloerplan, hoê plafonne en dekor met outydse persoonlikheid.

Die kombuise is gewoonlik groot en ruim, dikwels met egte hout bladdens en industiële meubels en lampskerms.

 

Neutrale skakerings word verkies in die moderne weergawe van plaasstyl ontwerp, waar helder primêre kleure meer populêr was in traditionele plaashuise.

 

 

 

 

Onafgewekte baksteen mure, sink en klip word heelwat gebruik in die kontemporêre argitektoniese styl en word selde nog met shiplap borde bedek. Brieë houtplank vloere is steeds gewild en kan gekombineer word met tradisionele of moderne meubels en dekor.

 

 

 

20 Modern Farmhouse Kitchens

 

 

Atelier Tom Vanhee adds pair of gabled extensions to brick farmhouse in Belgium

http://carmenhosten8.wixsite.com/charchitecturedesign

 

 

 

 

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Editor: Décor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.