Mode in haar are

Met ’n graad in modebestuur en kommunikasie en ’n liefde vir die kunste, is Karla ook ’n entrepreneur in eie reg met ’n mode en leefstyl blog, ’n wardrobe stillis en deesdae ’n stillis vir TV reekse en films ook. Sy het al met ’n paar toekennings weg gestap in beide die mode en media industrieë. Sy glo dis goed om voor EN agter die skerms te werk, dit laat jou als meer verstaan en te waardeer.

Ek is die mode-redakteur en stillis van BLOSS & vorige mode-redakteur van BELLA Tydskrif se Relaunch Issue in 2016. Ek is ook bekend as die meisie wat Kalala Fashion (die mode blog) begin het in 2012. My passie en liefde vir mode het eintlik vergroot toe ek besluit het om mode te gaan swat. As meisie van ‘n klein-dorpie in die Vrystaat, het ek toe besluit om ‘n 3-jaar graad in Modebestuur en Kommunikasie aan North West School Of Design te doen. Hulle is ook bekend vir die bekende mode-ontwerpers, “graduates” soos Gert-Johan Coetzee, Anel Botha en Kobus Rautenbach, om net ‘n paar te noem. Die kollege se reputasie het my finaal laat besluit om my internasionale graad daar te doen. Vanaf daai dag het ek begin om my mode-brand net te vergroot en aan my mode-kennis te bou.

Ek wil graag maandeliks hier met ons #BLOSSGlam lesers deel oor mode nuus en net lekker oor mode praat! So moet nie vergeet om elke maand my te join op BLOSS se platforms nie.

Jy is ook meer as welkom om my #journey te volg op my eie sosiale media platforms en blog!

www.kalala-fashion.com

@karlabosch | @kalalafashion

Karla Bosch
Karla Bosch

Editor: Fashion

Karla Bosch is an entrepreneur and fashion lover with a degree in Fashion Management and Communication. She has received awards in both the fashion and media industry. Karla operates her own fashion and lifestyle blog - Kalala, is a personal wardrobe stylist and has now ventured into the new role as a stylist for the cast of movies and TV series.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.