#maanwense

Dis amper alweer Maart en tyd dat ons vir vyf minute stilstaan, asemhaal en die mooi om ons raaksien. Gee die persoon langs jou sommer ’n druk en sê dankie vir mense wat dit verdien. Ken jou vriende en waardeer jou familie. Dis so maklik om foute te kry by die mense om jou; want as jy foute gaan soek, gaan jy foute kry. Soek eerder ’n sterkpunt in die peroon langs jou en sien hoe alles en almal om jou mooi word. Van wanneer af het mense se opinies so groot impak op ons, of nog meer – hoekom maak hul opinies seer as jy weet wie jy is?

Dis tyd dat jy op ’n plek kom waar dit wat mense van jou sê afrol soos water van ’n eend se rug. Die lewe is veronderstel om lekker óók te wees. Gemaklik, mooi, ’n plek waar ons kan lag en laf wees. As jy ’n oomblik stilstaan en asemhaal, sien jy weer die mooi om jou raak. Die lewe is te kort dat jy met haat en bitterheid moet rondloop of mense om jou wil afbreek tot op die grond. Gaan drink eerder milkshake, wyn of ’n lekker cuppachino. Lag en jaag die kinders rond. Lewe. Sing in die sort en wees soms stupid, laf en silly. Sit jou foon eenkant en spandeer jou tyd op dit wat regtig saakmaak.

Ek glo alles begin met geloof in jouself. Glo jy in jouself? Glo jy regtig in jouself? As jy weet wie jy is en waarheen jy op pad is, kan geen opinie jou omgooi of keer nie. Maak seker jy het ’n droom, doel of visie, want solank jy dit het, kan jy fokus en vorentoe beweeg. Maar belangriker, dit bepaal die rigting waarin jy beweeg. As jy weet in watter rigting om te gaan, maak dit nie saak hoe vinnig of stadig jy beweeg nie. As jy val, hou aan kruip. Solank jy vorentoe beweeg en daar momentum is, is dit makliker om later weer op te staan en jou voete te vind. Jy gaan nooit almal gelukkig kan maak nie en daar sal altyd mense wees wat nie van jou hou nie. Maar weet ook dat daar soveel meer mense is wat vir jou lief is.

Om uit te hou en aan te hou, is waar die magic lê. Soms vat dit om juis nie te luister nie, hardekop te wees en in jouself te glo om vorentoe te beweeg. Want dis jy met die spesifieke visie en passie in jou hart, niemand anders nie. “Magic happens when you do not give up, even though you want to. The universe always falls in love with a stubborn heart”. En buitendien… Aanhouer wen.

Ek is genomineer vir ’n BESIGHEIDSVROU VAN DIE JAAR toekenning in die media-afdeling deur Woman of Stature. Wat ’n voorreg is dit nie! Die gala-aand is 24 Maart 2018, so hou duim vas. Dankie aan almal wat ’n inset gehad het op my lewenspad en journey tot nou. Ek sou nie die mens gewees het wie ek vandag is, as dit nie vir sekere mense op my lewenspad was nie. Mens vorm mekaar wat maak dat jy in sekere rigtings gedruk word om verder te stap.

Daar is mense wat net vir ’n seisoen in mens se lewe is en dit is OK. Dis hoe die lewe werk. Dan is daar mense wat ’n leeftyd bly. Jy weet sommer in jou gut wie hierdie mense is. Maak nie saak hoe lank hulle bly of hoe groot die impak is wat hulle maak nie, almal is belangrik. Al is dit iemand wat ’n negatiewe impak het of seer agterlos. Wees dankbaar vir elkeen, want dit maak jou wie jy is. Struggle is part of your story en deur seer word karakter gebou.

Geniet die laaste dae van somer en maak jouself reg vir winter. Vir sommiges van ons lê daar ’n rus-tydperk voor en vir ander… begin die magic.

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.