Look pretty Play dirty!

Ek dink elke vrou, of jy nou n dokter, rekenmeester, pastoor of model is, het n bietjie tomboy in haar, want ons vrouens kan mos alles doen.

Tasse gepak,en geen pienk of pastel ontwerpers pakkies nie want ons gaan jag. Alles is mos army groen ,wel “camouflage” dalk pienk camo, maar camo sal dit wees. Ordentlike stapskoene wat nie raas nie en om op n apiesdoring  te trap is nie n grap nie, en n pet natuurlik want op n jagnaweek blaas ons nie hare nie en vir die son natuurlik. Geen Hugo of Tommy girl nie want die bokke mag ons nie ruik nie,maar dit is okay want wat ruik nou lekkerder as vars bosveld lug.

Wel daar gaan ek met my .243 geweer oor die een skouer en my sandsakkie oor die ander skouer want ons girls mag dooie rus vat. Ek salueer die dames wat wel uit die gesig uit kan skiet.

Ons (My gids en ek) stap onverskrokke deur die bos. Ewe skielik na omtrent n uur se stap, asof uit die niet , so 100m voor ons staan n trop koedoes en wei. Gelukkig is die wind in my guns, so hulle weet glad nie van ons nie. Ek vries in verwondering (of is dit nou skrik). Stadig sak ek af op my kniee,ek wil nie die bokke afskruk nie maar terselfde tyd wil ek net seker wees ek gaan le nie op n slang of n ongedierte nie jy weet, en ek glo mans obserweer ook daarvoor.

Ek sit sorgvuldig my sandsakkie neer en le aan vir n blad skoot. My gedagtes is n warboel. Se nou net ek mis hom of erger nog, kwes hom,wat dan? Nee, nee, nee fokus meisiekind fokus. Ek trek die sneller! Bingo daar val hy op die plek.

Adrenalien loop hoog en terselfde tyd verligting.  Super opgewonde is dit tyd vir my eerste foto saam my bok natuurlik . Nou vir die terugtog, en darm hoef ek nie te dra nie want n tomboy  kan mos nogsteeds n lady wees.

Photo by shewearsmanyhats.com

 

Adelle Snyman
Adelle Snyman

Editor: Tomboy

Adelle Snyman has a passion for beauty and a love for makeup and specializes in celebrity, bridal, beauty competitions and special effects make up. She has a qualification in Somatology has gained international experience in her field in the USA and England. In her career Adelle has also been involved in Miss World pageant twice.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.