Lizel Conradie, enig in haar soort.

Lizel Conradie – Brand Ambassador Mosselbaai

 

Jy is ‘n beperkte uitgawe… jy is enig in jou soort!

En dit is presies wie die Brand Ambassador van BLOSS tydskrif in Mosselbaai, Lizel Conradie is, …enig in haar soort.

Hierdie blondekop prokureur woon nou al vir 12 jaar in die pragtige kusdorpie, Mosselbaai. Sy praktiseer voltyds as prokureur onder die naam en styl; – van Niekerk Conradie Prokureurs. Sy is getroud met haar beste vriend en vind haar vreugde en seeninge van moederskap in haar twee pragtige kinders, Izelke (8 jaar oud) en Zian (5 jaar oud).

Haar passie vir gesins-en familieverhoudinge lei verder tot haar betrokkenheid by die Tuinroete Mammas Ondersteuningsgroep. Hier is sy veral betrokke in samewerking met ‘n plaaslike apteekgroep in die bewusmaking en ondersteuningsveldtogte van swanger vroue en jong mammas asook uit die aard van haar werks betrokkenheid by verskeie kinder- en gesinssorg organisasies.

As motiveringsspreker lewe Lizel haar droom en passie uit om vroue te motiveer, bemoedig en toe te rus. Sy glo: “Life is short, live passionately and leave a little sparkle wherever you go!”

Vir ontspanning probeer sy soveel as moontlik tyd met haar kinders spandeer en lees ook graag. Stormie Omartian se Warrior en (Un)natural Mom van Hettie Britz is twee van haar gunsteling boeke. Sy glo dat boeke ‘n wonderlike bron van kennis is, en kennis is krag!

Jy kan haar omkoop met ‘n goeie “medium to rare” steak met sampioen of pepersous en natuurlik ‘n bypassende goeie rooiwyntjie.

Notebook bly maar ‘n getroue gunteling as dit by flieks kom. En natuurlik ons eie Suid-Afrikaanse Liefling.

Lizel is ‘n “golden oldies girl” as dit by musiek kom. In haar woorde… “musiek is ‘n fantastiese manier om herinneringe te laat oplewe.”

Trudi Stander
Trudi Stander

Brand Ambassador Development Manager

Trudi Stander is a business woman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She is a passionate person who enjoys life fully and believes in positivity and empowerment of the youth and young women. As she gets older, she learns more and more that life is worth living and makes most sense when you embrace and continuously do what makes you the happiest.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.