Kou die lewe soos ’n toffie

As kinders het jy die ouer mense hoor sê: die lewe loop interessante paaie. Noudat ek self bietjie ouer is, verstaan ek presies wat hulle bedoel het. Jou lewe werk nie altyd uit soos jy dit beplan nie, of beter gesê; dit werk nooit uit soos wat jy dit beplan nie. As dogtertjie weet jy presies hoe jou droomman lyk. Na skool het jy ideale en doelwitte wat jy wil bereik en werk jy jou alie af om almal te bewys. In jou 30’s raak jy rustiger, geniet jou familie, kies jou vriende beter en lag oor alles. Selfs voordat mens kinders het, is dit maklik om te sê: eendag as ek kinders het, gaan hulle dit doen en nie dit doen nie. Nou lag ek vir girls wat dit sê, want even dit slaan jou hals oor kop.

Ek het besef die lewe gaan sy gang, is onregverdig, vol uitdagings en verskaf hope herrinneringe. Elke persoon moet sekere goed leer, karakter bou deur situasies en jouself vind. In hierdie raamwerk en deur my eie lewenspad het ek besef hoe belangrik dit is om altyd die regte keuse te probeer maak, om aan te hou droom en jouself in diepte te leer ken, volgens my is die laasgenoemde die moeilikste! Invest in jouself, sorteer jouself uit en leer jouself ken. Waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie. Wanneer jy jouself ken, maak mense se opinies nie meer saak nie, kan jy beter keuses maak, weet jy waarheen jy op pad is en wat jy in die lewe wil hê!

Ek dink nie jy sal ooit 100% seker wees of jy die regte keuse maak nie, maar kan rus vind in die wete dat op daardie oomblik het jy probeer om die regte keuse te maak. Ek weet ons is ’n generasie wat die waters elke dag moet toets, wat vooruit moet loop en nuwe bane breek. Hierdie is alles challenges wat ons sterk maak en gereed vir die volgende fase van ons lewens. As jy wil opgee, onthou hierdie woorde… Wanneer dit voel jy kan nie meer nie, kan jy nog soveel verder! Dit is hoe sterk die mens is, hoe sterk vroue is. Ons kan soveel meer en soveel verder as wat ons dink. Ons moet net leer om alles te balanseer.

Dit is dan vir my lekker om jou met ope arms te verwelkom by BLOSS. My nuwe baba. Die pad wat ek moes stap tot waar ek vandag staan, was nie altyd maklik of lekker nie. Maar wanneer ek terugkyk, was elke stukkie die moeitewerd. Hierdie is my droom. Jong vroue is my hart en media is my passie. Kom geniet elke oomblik saam met my. Want hierdie plakboek met al sy mooi en inspirasie is vir julle!

Magdie
#blossboss

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.