Koop vir jouself blomme

Ek kom deesdae agter hoe gereeld ek vir my kliënte sê “jy moet na jouself kyk”. Wanneer laas het jy jouself die vraag afgevra? Ek self sukkel om ‘n balans te handhaaf tussen hard werk en te weet wanneer ek eers moet brieke aandraai en na myself kyk.

Die een affekteer die ander. Hoe meer jy na jouself kyk, hoe meer kry jy op die ou end gedoen. Self-care is iets wat ek al hoe meer raak lees en sien op plekke soos Pinterest. “Top 10 self-care tips”. Dit moet vir jou sê dat dit ‘n werklikheid is en dat die wêreld al hoe meer bewus raak van hoe belangrik dit is.

Maar dan kom daar altyd die skuld gevoelens en gedagtes dat jy selfsugtig is. Daar is altyd jou kinders, jou man, jou ma en pa, jou boetie en sussie of jou beste vriendin wie jou nodig het. Maar as jy nie na jouself kyk nie, kan jy ook nie na hulle kyk en wees wie hul nodig het nie. So wanneer jy voel dit is selfsugtig, herinner jouself dat jy dit eintlik vir hulle doen (as dit is wat nodig is om jou toe te laat om na jouself te kyk).

Hier is ‘n paar van my gunsteling “self-care” tips:

  1. Skryf ‘n brief vir jouself.

    Soms het ons nodig om sekere goed te hoor en daar is nie noodwendig iemand wat dit vir ons se nie. Sê vir jouself hoe trots jy op jou is, valideer daai gevoelens wat jy ervaar – dit is verstaanbaar dat jy so voel. Sodra mens begin skryf sal die woorde vloei. As jy nodig het om te hoor dat iemand lief is vir jou, sê dit vir jouself.

  1. Pamper jouself.

    Ek vat ten minste een dag in ‘n maand waar ek lekker lank bad, ‘n masker op my gesig en hare sit, kersies brand, my naels verf en myself ‘n pedi gee. Dit is iets wat ons almal behoort te doen. As jy dit nie kan laat doen nie, doen dit self, dit is net so lekker.

  1. Maak vir jouself ‘n bucket list

    Vat ‘n paar minute en skryf soveel as moontlik goed neer wat jy in jou lewe sal wil doen. Alhoewel jy nie op daardie oomblik noodwendig een van daardie goed gaan doen nie, is dit so goed om oor jou eie behoeftes en drome te reflekteer. Jy leer ken jouself dalk sommer ook ‘n bietjie beter in die proses.

  1. Koop vir jouself blomme

    Blomme maak enige iets beter. Ek het ‘n punt daarvan begin maak om vars blomme of plante in my kantoor te sit. Dit skep ‘n lekker warm atmosfeer en die kamer voel sommer meer gemaklik. Blomme verteenwoordig lewe en groei en ontwikkeling – dus is dit die perfekte verskoning om jouself te bederf.

  1. Wees kreatief

    Een van die lekkerste dinge vir my is om kreatief te wees en iets te skep. Dit is wat my battery weer laai en my daai tweede asem gee. Ek is mal oor inkleur, doodle en mandalas teken. Soms teken ek sommer my eie. Wreaths is my gunsteling en ek kan ure spandeer daarop. Ek is ook mal daaroor om te hekel. Dit is een van die lekkerste maniere om af te skakel en aan niks anders te dink nie – want jy moet die steke tel en kan nie op iets anders fokus nie. Kreatiwiteit hoef nie noodwendig teken of verf te wees nie. Dit kan musiek wees, bak en brou of jou huis bietjie rondskuif.

So daar het julle dit, self-care, net wat die dokter voorgeskryf het.

 

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.