Koop aanlyn sonder enige stres

Jy hoef deesdae nie eers meer jou voete buite jou huis te sit om iets aan te koop of verkoop nie, jy kan net ’n knoppie druk. Hoe makliker dit word om aanlyn inkopies te doen, hoe makliker word dit vir kuberkrakers om bedrog te pleeg – met jou inligting. Daar is baie maniere om seker te maak dat jou geld en persoonlike inligting veilig is wanneer jy aanlyn handel dryf.

Hier is BLOSS se wenke:

  • Kyk vir die slot in die URL om seker te maak dat jy op die oorspronklike webtuiste is. Baie aanlynwinkels het ook slimfoon-apps wat betroubaar en maklik is om te gebruik.
  • Maak seker hoe die webtuiste werk voordat jy iets aankoop of verkoop. Sommige aanlynwinkels het spesifieke regulasies wat die verkoper en aankoper beskerm, dit is belangrik om bewus te wees hiervan wanneer jy ’n slagoffer van bedrog is.
  • Koop eerder by aanlynwinkels wanneer jy tuis is. As jy inteken op publieke Wi-Fi kan kuberkrakers makliker hul hande op jou persoonlike inligting kry.
  • Hou jou eposse dop en maak seker die epos kom werklik van die aanlynwinkel af.

Pasop vir:

  • Gebruik die betroubare aanlynwinkels soos Takealot, Woolworths, Cape Union Mart en Makro wanneer jy inkopies doen en wees versigtig op Gumtree, OLX en Bidorbuy. Dit is moeilik om die laasgenoemde te reguleer en daar is baie verbruikers en kuberkrakers wat bedrog kan pleeg wanneer jy met hul handel en persoonlike inligting uitruil.
  • Moet nie jou produk uitvoer na Nigerië toe nie. Daar is tans ’n internasionale tendens waar mense jou produk wil aankoop vir meer as die verkoopprys, maar jy moet dit uitvoer na hul vriend of vriendin in Nigerië. PayPal, ’n internasionale betaalsisteem, waarsku teen enige uitvoere na Nigerië omdat verkopers nooit hul geld ontvang nadat hulle die pakkie na Nigerië gestuur het nie. Hierdie is ’n baie gewilde vorm van bedrog op aanlynwinkels.

Die internet bied soveel geleenthede, maar net so baie gevare. Maak seker dis veilig met behulp van BLOSS se wenke voordat jy iets aanlyn koop of verkoop.

Foto’s: Pixabay

Jaco-Mari Futcher
Jaco-Mari Futcher

Business assistant

Jaco-Mari Futcher is currently completing her Honors degree in Journalism at the North-West University Potchefstroom Campus. She has been active in the media industry for the last three years and has been the writer of her blog, Papierkind, for the past five years. When she gets a chance, she likes to pull her camera closer and capture the world as she experiences it.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.