Kom fees jóú plek vol, ons hou jou stoel warm.

Aardklop 2018 is beslis iets om oor opgewonde te raak! Met ‘n hele paar nuwe debuut produksies, gunstelinge wat terugkeer en natuurlik die ongelooflike aanbieding van visuele kunste, ‘n verskeidenheid musikante wat optree, asook ‘n proehappie vir elke smaak, is dit geen wonder hul is aangewys as Suid Afrika se gewildste kunstefees nie (#fiesta)!

Die jaar se tema lui ‘As die stoel jou pas’ – moet jy sit, sê BLOSS! Soos Alexa dit so mooi gestel het, “of dit ‘n teater-, of kroeg stoeltjie is, as dit pas moet jy sit.” En die jaar se program bied aan onder andere die talente van Bouwer Bosch en Je-ani Swiegelaar in Lykskou (debuut), wat die avontuur van broer en suster (Orph en Dizzy) volg waar Dizzy besef sy kan met dooies kommunikeer en so betrokke raak met ‘n busongeluk waar alles nie is soos dit voorkom nie; Lizz Meiring in Met Ander Woorde, ‘n eenvrouvertoning met skerpsinnige humor en haar bekende woordspelings waar sy met die gehoor ‘n versameling sketse, stories en vertellings uit haar eie pen deel; Operasie Holm, met die immergewilde Marion Holm en Chris Vorster op regie en ontwerp, waar sy steeds nie ander akteurs kan bekostig nie en dus al die rolle self vertolk! Hierdie is maar net drie van die vele vertonings wat opgevoer gaan word die jaar by Aardklop. Daar is ongelooflike vertonings om na uit te sien, en BLOSS is reg om alles vir julle deur te gee! Hou BLOSS se blogs dop om op hoogte te bly met al die Aardklop verwikkelinge.

Die fees skop 2 Oktober af in die kleine dorpie van Potch en kaartjies is al van 23 Julie beskikbaar op Ticketpro, met 2300 kaartjieverkoop stasies (en online) regoor die land, het jy geen rede om nie jou kaartjie te koop vir die jaar se Aardklop nie.

BLOSS sien jou daar!

 

Cecile van Eeden
Cecile van Eeden

SUB EDITOR IN TRAINING

Cecile van Eeden obtained her BCom Communication Management degree at the University of Pretoria and is currently busy with her Honours degree. She loves going on adventures and embraces any opportunity to travel that comes her way. Cecile has an eye for detail, a passion for good books, fashion and art. She absolutely enjoys life to the fullest.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.