Karlè, die “besige bytjie” van Bloemfontein

Karlè Potgieter – Brand Ambassador Bloemfontein

Karlè Potgieter van die Rose Stad, Bloemfontein is gelukkig getroud, het twee katte en sit nie vir ‘n oomblik stil nie. Sy is die spreekwoordelike… “besige bytjie”.

Sy is eienaar van Karlè Make-up Artistry en voltydse grimeer kunstenaar. Karlè is ook deeltydse skoonheidslektor by Qualitas Career Academy in Bloemfontein en Brand Ambassador vir MUD Make-up Designory – Africa.

Sy werk al die afgelope 8 jaar in die skoonheidsbedryf, en het al ‘n paar skoonheidsartikels geskryf vir verskeie tydskrifte in Suid Afrika, en ook die grimering gedoen vir van hul voorbladgesigte.

Haar passie vir mense, deursettingsvermoë en doelgerigte persoonlikheid is waarop sy haar loopbaan bou.

Sy hou van skilder, maar kry nie meer baie tyd vir dit nie, alhoewel sy haar werk as grimeerkunstenaar as skilder sien.

Model: @lurize_nortje | @ace_models_bloemfontein Photographer: @aheephotography                  MUA: @karle_makeup_artistry Dress: @thewildflowerstore

Op skool het sy aan vele nationale danskompetisies deelgeneem, maar doen dit nou net vir ontspanning. Sy is mal oor musiek en sê dat sy niks sonder musiek doen nie.

Na skool het sy ‘n beurs gekry om ‘n jaar kursus in musical theatre te doen, en het daarna skoonheid gaan studeer.

Karlè ondersteun die Miss Lesh Foundation. Dit is van ‘n dogtertjie van 9 wat blind gebore is. Die foundation is gestig om mense meer bewus te maak oor die onderig van blinde kinders. Die mamma ry elke week Johannesburg toe vir skool omdat dit die naaste skool aan Bloemfontein is wat blinde kinders onderig.

In Karlè se woorde… “ek dra haar baie na aan my hart omdat ek so ‘n sagte plek vir kinders het en dink dat almal goeie onderig verdien”.

Trudi Stander
Trudi Stander

Brand Ambassador Development Manager

Trudi Stander is a business woman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She is a passionate person who enjoys life fully and believes in positivity and empowerment of the youth and young women. As she gets older, she learns more and more that life is worth living and makes most sense when you embrace and continuously do what makes you the happiest.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.